Kopernikium is ’n superswaar, kunsmatigeelement met dieatoomgetal 112 ensimboolCn. Dit kom nie in die natuur voor nie en kan net in ’n laboratorium vervaardig word. Die stabielste bekendeisotoop, kopernikium-285, het ’nhalfleeftyd van sowat 29 sekondes. Dit is in 1996 deur die Sentrum vir Swaarioonnavorsing nabyDarmstadt,Duitsland, sinteties vervaardig en genoem na diesterrekundigeNicolaas Copernicus.
Op dieperiodieke tabel lê kopernikium in died-blok, ingroep 12 enperiode 7. Tydens reaksies metgoud het dit gewys[4] dit is ’n hoogs vlugtige metaal, en dit is dus moontlik ’n gas by ’n standaardtemperatuur en-druk.
Daar word gereken kopernikium het verskeie eienskappe wat verskil van dié van sy ligterhomoloë,sink,kadmium enkwik. Vanweë relativistiese effekte kan dit selfs sy 6d-elektrone afstaan in plaas van sy 7s-elektrone. Daar is ook bereken kopernikium het moontlik ’noksidasietoestand van +4, terwyl kwik dit net in een verbinding het (wat betwis word) en sink en kadmium dit glad nie het nie. Daar is ook voorspel dit sal moeiliker wees om kopernikium te oksideer vanuit sy neutrale toestand as die ander elemente in groep 12.
↑1,01,1Hoffman, Darleane C.; Lee, Diana M.; Pershina, Valeria (2006). "Transactinides and the future elements". In Morss; Edelstein, Norman M.; Fuger, Jean (reds.).The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (3de uitg.). Dordrecht, Nederland: Springer Science+Business Media.ISBN1-4020-3555-1.