Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Konsonant

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'nKonsonant ofmedeklinker is 'nklank waar dielug, in teenstelling met 'nklinker, nie ongehinderd deur die mond na buiten kan gaan nie. Dit is 'n spraakklank wat gevorm word deur 'n volkome of gedeeltelike onderbreking van of versperring in die lugstroom in of bo die strottehoof, met of sonder trilling van diestembande.

Voorbeelde

[wysig |wysig bron]

By die /p/ vanaap versamel die lug eers voor die afgeslotelippe, en kom dan met 'n plof na buite. By die /n/ vannoot is die mondholte afgesluit en kom die lug deur dieneus. By die /s/ vansap gaan die tong omhoog na die verhemelte, waardeur die opening nouer word en 'n sisklank ontstaan.

Die verdubbeling van konsonantletters in Afrikaans

[wysig |wysig bron]

Volgens dieAfrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word konsonantletters soms verdubbel wanneer hulle tussen vokaalletters voorkom om die klank en/of lengte van die voorafgaande vokaal te bepaal.

  • 'n Konsonantletter word verdubbel indien dit tussen twee vokaalletters optree en die eerste vokaal (met uitsondering van [i], [u] en [y]) kort is en die hoofklem dra.

abba, vodde, effens, giggel, liggaam

  • 'n Konsonantletter wat tussen 'n kort [i], [y] of [u] en 'n volgende vokaalletter staan, word nie verdubbel nie.
    • briefie, familie, kielie, tipe
    • bruto, minute, rusie
    • groete, moeder, moenie, oefen
    • geute, kreukel, leuse
  • 'n Konsonantletter wat tussen 'n diftong en 'n vokaalletter staan, word nie verdubbel nie.

anys, duisend, eina,kabouter, meisie

  • Indien die grondwoord eindig op 'n enkele konsonantletter, voorafgegaan deur 'n lang, beklemtoonde vokaal, word daardie konsonantletter nie in afleidings van die grondwoord verdubbel nie.
    • formaat - formateer, profeet - profeteer, vokaal, vokaliseer.
    • Let ook op die spelling van baseer (uit basis), faseer (uit fase) en kontroleer (uit kontrole).
  • As 'n woord op 'ns eindig (soos bos of fluks) en met 'n woord of woorddeel verbind word wat met 'ns begin (soos slaper, of -ste), word albeis'e behou.
    • bosslaper, dansskoene, halssnoer
    • fluksste, laksste, skaarsste

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]

Bronne

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Konsonant&oldid=2656653"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp