DieKonsilie van Efese, ook bekend as diederde ekumeniese konsilie, van die Christelike kerk in dieRomeinse Ryk is in431 deur keiserTheodosius II van Bisantium byeengeroep op versoek vanNestorius, die patriarg vanKonstantinopel, tydens die pousskap vanCelestinus I.
Nestorius het verkondig datMaria nieTeotokos, dus die moeder vanGod, was nie maar die moeder van die menslikeJesus. Hy het klem gelê op die twee kenmerke van Jesus – goddelik en menslik. Sy houding het die protes vanCyrillus, die biskop vanAlexandrië, ontlok wat gemeen het Nestorius verdeel Jesus in twee deur ’n onderskeid te maak tussen sy menslike en goddelike sy. Tydens ’n sinode inRome is Nestorius gevra om afstand te doen van sy stellings, maar hy het geweier en die keiser gevra om ’n konsilie byeen te roep. Dit het plaasgevind inEfese, juis die plek waar Maria later gewoon en in besonder vereer is.
Die konsilie het bevestig dat Christus in slegs een Persoon volkome God en volkome mens is en dat die naam Gods Moeder dus Maria toekom; sy is die Moeder van Jesus die God-mens en nie net van Jesus die mens nie.
|
|---|
| Internasionaal | |
|---|
| Nasionaal | |
|---|
| Akademie | |
|---|