Hemelvaartskerk in Kolomenskoje* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
![]() | |
Die Hemelvaartskerk in Kolomenskoje. | |
Posisie van Kolomenskoje in Rusland | |
Koördinate:55°40′10″N37°40′08″O / 55.66944°N 37.66889°O /55.66944; 37.66889 | |
Lande | ![]() |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ii |
Verwysings | 634 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1994 (18deSessie) |
*Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. †Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Kolomenskoje (Russies: Коломенское) is ’n voormalige keiserlike landgoed ’n paar kilometer suidoos vanMoskou, op die antieke pad na die dorpKolomna (vandaar die naam). Die skilderagtige landskap aan die oewers van dieMoskwa-rivier het in die 1960's deel van Moskou geword.
Kolomenskoje word vir die eerste keer in 1339 in die testament vanIwan Kalita genoem. Mettertyd is die dorpie ontwikkel tot ’n gunsteling-landgoed van diegrootprinse vanMoskowië. Die oudste gebou wat nog staan, is die Hemelvaartkerk (1532), wat met wit stene gebou is om die langverwagte geboorte van ’n troonerfgenaam, die toekomstigeIwan die Verskriklike, te vier. Die tentdak is ’n wegbreek van dieBisantynse argitektuur. Dit is sedert 1994 op dieUnesco-wêrelderfenislys.
Aan die ander kant van die kloof vanaf Kolomenskoje kan die Kerk van Johannes die Doper met sy vyf tentdakke uit 1547 gesien word. Die ontstaan van die kerk is onseker, maar sy argitektuur verteenwoordig ’n oorgangsfase tussen Kolomenskoje se Hemelvaartskerk en dieSint Basilius-katedraal in Moskou.
TsaarAleksei van Rusland het al die houtgeboue in Kolomenskoje laat afbreek en dit vervang met ’n nuwe houtpaleis, wat bekend is vir sy feëryke dak. Die toekomstige keiserin van Rusland,Elisabeth, is in 1709 daar gebore. Nadat die Russiese hoofstad naSint Petersburg geskuif het, het die paleis vervalle geraak enKatharina die Grote het geweier om daar te bly wanneer sy in Moskou was. Sy het die paleis in 1768 laat afbreek, maar gelukkig het ’n houtmodel daarvan oorgebly en dit word herbou.
Tydens die bestaan van dieSowjetunie is ou houtgeboue van die Verre-Noorde en ander gebiede na Kolomenskoje geskuif. Sommige daarvan dateer uit die 17de eeu.
![]() | Wikimedia Commons bevat media in verband metKolomenskoe. |