Kolkata (voorheenKalkutta; voormaligeEngels:Calcutta,Bengaals: কলকাতা,Kōlkātā, [kolkata],luister(hulp·inligting)) is diehoofstad van dieIndiese deelstaatWes-Bengale en is met 'n bevolking van 4 496 694 die vierde grootste stad in Indië. Kolkata lê aan die ooskus van Indië aan dieIndiese Oseaan en is die grootstehawestad in Oos-Indië. Tot in 1912 was Kolkata die hoofstad vanBrits-Indië, toe dit deurNieu-Delhi vervang is.
Kaart van Kolkata in 1888Die Victoria-gedenkteken is een van Kolkata se bekendste besienswaardighedeEden Gardens is in 1864 opgerig en is Indië se oudste krieketveld
Die woordKolkata (Bengaals: কলকাতা, [kolˈkata]) is afgelei vanKôlikata (কলিকাতা, [ˈkɔliˌkata]), die Bengaalse naam vir een van die drie destydse dorpe voor die aankoms van die Britte; die ander twee dorpe was Sutanuti en Gobindapur.[1]
Daar is uiteenlopende teorieë oor die oorsprong van die naam:
Kolikata is glo 'n variasie vanKalikkhetrô (কালীক্ষেত্র, [ˈkaliˌkʰetrɔ]) wat "veld van [die godin]Kali" beteken. Net so kan dit 'n variasie wees vanKalikshetra (Sanskrit: कालीक्षेत्र, letterlik: "gebied van die godin Kali").
Volgens 'n ander teorie is die naam afgelei vanKalighat.[2]
Die naam kan egter ook ontleen wees aan die Bengaalse termkilkila (কিলকিলা) wat "plat area" beteken.[3]
Die naam het moontlik sy oorsprong in die woordekhal (খাল, [ˈkʰal]) wat "kanaal" beteken, gevolg deurkaṭa (কাটা, [ˈkaʈa]), wat "gegrawe" kan beteken.[4]
Volgens 'n ander teorie was die area gespesialiseerd in die vervaardiging vankalsiumoksied ofkoli chun (কলি চুন, [ˈkɔliˌtʃun]) en kokos ofkata (কাতা, [ˈkata]); gevolglik is ditKolikata genoem.[3]
Alhoewel die stadnaam in Bengaals nog altydKolkata ofKôlikata uitgespreek word, was die verengelsde vormCalcutta tot in 2001 die amptelike naam, toe dit verander is inKolkata om by die Bengaalse uitspraak aan te pas.[5]
↑(en)Sanjoy Chakravorty (2000). "From colonial city to global city? The far-from-complete spatial transformation of Calcutta". In Peter Marcuse; Ronald van Kempen (reds.).Globalizing cities: a new spatial order?. Oxford, VK: Blackwell Publishing. pp. 56–77.ISBN978-0-631-21290-4.