Koeweit (Arabies: الكويت,al-Kuwait, [ɪl‿ɪkweːt] of [lɪkweːt]), amptelik dieStaat Koeweit (دولة الكويت,Dawlat al-Kuwait,luister(hulp·inligting)), is 'n staat in dieMidde-Ooste enWes-Asië. Die land is aan die spits van diePersiese Golf (hier "Arabiese Golf" genoem) net suid van dieSjatt al-Arab (saamvloei van beide dieEufraat enTigrisrivier) se monding, geleë. Dit lê noordoos vanSaoedi-Arabië, suidoos vanIrak en suidwes vanIran. Koeweit beslaan 'n oppervlakte van 17 818 km² en het 'n bevolking van 3 103 580 in 2023 gehad. Diehoofstad en grootste stad isKoeweitstad, met dieAl Hamra-toring. Dieamptelike taal is Arabies en van die belangriksteetniese groepe sluit inArabiere enBedoeïene. Koeweit beskik oor 'n groot aantal immigrante wat sowat 69% van die land se bevolking vorm.[3]
In 1938 isruoliereserwes in kommersiële hoeveelhede ontdek. Vanaf 1946 tot 1982 het die land 'n grootskaalse opknapping ondergaan. In die 1980's het Koeweit 'n tydperk van geopolitieke instabiliteit en ekonomiese krisis as gevolg van die ineenstorting van die aandelemark beleef. In 1990 is Koeweit deur sy buurland Irak onderSaddam Hoesein binnegeval en toe geannekseer. Die Irakse besetting is in 1991 deur 'n militêre koalisie onder leiding van dieVerenigde State tydens dieGolfoorlog beëindig. Sedertdien is Koeweit 'n belangrike nie-NAVO bondgenoot van die Verenigde State.[7] Dit is ook 'n vername bondgenoot vanASEAN en handhaaf ook sterk bande met dieVolksrepubliek China.[8][9] Koeweit is 'n lidland van dieVerenigde Nasies,Beweging van Onverbonde Lande,Arabiese Liga,Organisasie van Islamitiese Samewerking,OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande.
Die landsnaam is ontleen aan die Arabieseverkleinwoord كوت (Kut ofKout) wat beteken "vesting gebou naby water". Sedert 1961 is die amptelike staatsnaam "Staat Koeweit".