'nKoerant is 'n nuusblad wat daagliks of weekliks uitgegee word en oor gebeurtenisse in diepolitiek,ekonomie,kultuur ensport berig. Dikwels lewer dit sy eie kommentaar oor geselekteerdenuus en beskik ook oor 'n rubriek met briewe van lesers. Koerante is 'n geskikte medium om die openbare mening te mobiliseer en fungeer sodoende as 'n belangrike instrument vir die handhawing van meningsvryheid en die demokratiese beheer oor owerhede.
'n Publikasie moet aan 'n aantal kriteria voldoen om as 'n koerant gedefinieer te word:[1]
Periodisiteit en aktualiteit: 'n Koerant moet daagliks of ten minste weekliks uitgegee word en onlangse gebeure dek.
Sirkulasie: 'n Koerant moet meganies of andersins in groot getalle gekopieer en versprei word.
Publisiteit: 'n Koerant moet gemik wees op die breë publiek, dus publiek verskyn en vir almal wat belangstel beskikbaar wees.
Inhoud (universaliteit van verslaggewing): 'n Koerant moet 'n verskeidenheid onderwerpe in sy artikels behandel.
Neutraliteit: Die koerant se uitgewer(s), redakteur(s) en verslaggewers moet neutraal wees ten opsigte van die nuus.
Seleksie: Met die oorvloed van nuusberigte wat deesdae beskikbaar is, word die verantwoordelike seleksie van die belangrikste nuus vandag ook as 'n belangrike kriterium vir 'n koerant beskou.
Die Afrikaanse woordkoerant is afgelei van dieFranse leenwoordcourant wat inNederland sedert1617 gebruik is, blykbaar as 'n verkorting van die16de eeuse Nederlandse termcourante nouvellen ("lopende nuus"). In moderne Nederlands is hierdie term verder vereenvoudig totkrant, terwyl Afrikaans die oorspronklike vorm bewaar het.
Ander Germaanse tale soosDuits (Zeitung) enSweeds (tidning) bewaar in hul woorde vir "dagblad" 'n ander aspek wat in hierdie vorm omtrent rondom 1300 vir die eerste keer gebruik is – dié van 'n "berig oor iets wat in die tyd gebeur", afgelei byvoorbeeld van die Ou-Noorsetidan "in die tyd gebeur". In Nederlands en Afrikaans bestaan nog die woordtijding of tyding, wat dieselfde betekenis het.
Rome staan bekend as die bakermat van die eerste koerante. Aanvanklik het die verantwoordelikheid vir openbare kennisgewings by diepontifex maximus, die Romeinse opperpriester, berus wat nuus op plate bekend gemaak het. Ook dieannales maximi, 'n soort memorandum, is op plate uitgehang. Ander vroeë publikasies, wat gereeld verskyn het, sluit kronieke en kalenders in.
In59 v.C. hetGaius Julius Caesar die eerste soort nuusblad in die lewe geroep, dieacta populi Romanae diurna (of verkortacta diurna), wat tot 300 n.C. verskyn het. Dieacta is in twee verskillende uitgawes uitgegee – asacta senatus met amptelike kennisgewings van die Romeinse Senaat en asacta populi waarin nuus oor die daaglikse gebeurtenisse in Rome gepubliseer is. Die laasgenoemde was veral vir die provinsies bestem.Acta, wat as besonder belangrik geag is, is in erts gegiet sodat hulle geargiveer kon word. Die gewoneacta populi is op sogenaamdecharta geskryf.Charta is van 'n stof of huid gemaak wat onderaan diepapirusbas lê (Latyns:liber).
Keiser Augustus het die uitgawe van dieacta senatus gestaak en hulle met dieacta populi saamgesmelt.
Ondanks hulle naam, wat 'n daaglikse verskyning aandui, is dieacta diurna ("daaglikse gebeurtenisse") gebruik om die nuus van 'n bepaalde tydperk in 'n tydelike rangorde op te lys. Die uitgawe vanacta diurna, wat soms ookacta urbis ("stadskoerant") genoem is, is steeds deur die Romeinse owerheid beheer. Privaatnuusblaaie met kennisgewings oor familiêre of gemeenskapsnuus is slegs vir 'n kort tydperk amptelik toegelaat en onder die heerskappy van keiser Traianus uiteindelik weer verbied. Gewoonlik moes hul inhoud deur omroepers bekend gemaak word. Dikwels is ook briewe geskryf en sommer net gekopieer vir 'n groter aantal belangstellendes.
Die oplaag van dieacta was taamlik klein, en geen enkele eksemplaar het bewaar gebly nie. Nietemin kan hulle inhoud deur talle aanhalings in ander bronne gerekonstrueer word.
Dieacta het veral nuus oor aangeleenthede van die staat bevat, soos reise van Romeinse amptenare of kennisgewings van die keiserlike gesin, waaronder geboortes, sterfgevalle, begrafnisse, huwelike en onthale. Daarnaas is nuus oor opspraakwekkende gebeurtenisse soos oorstromings, droogtes en ander rampe gepubliseer. Gaandeweg is ook die kennisgewings van vooraanstaande Romeinse gesinne deur middel vanacta gepubliseer. So is egskeidings van bekende persoonlikhede in die familienuus-rubriek bekend gemaak.
Kenmerkend was die sensuur wat deur die keiserlike redaksie uitgeoefen is. Alle familienuus en advertensies is noukeurig ondersoek voordat hulle vir publikasie vrygestel is. Dikwels het Romeinse heersers in spesifieke onderwerpe belang gestel of daarop aangedring dat 'n bepaalde saak openbaar gemaak moet word. In dié geval is die redaksie aangewys om 'n artikel daaroor te publiseer.
Met die verskuiwing van die keiserlike hof naKonstantinopel is die uitgawe vanacta gestaak. Hulle leef voort in die woordeskat vanRomaanse tale. So het die Romeinse woorddiurnalis ("daagliks") bewaar gebly in die Franse termjournal en die Italiaansegiornale.
Koopliede, bodes envagante (skoliere, studente en werklose predikante wat as volkssangers dwarsoor die land gereis het) het in dieMiddeleeue as 'n soort "lewende koerante" gefungeer en nuus orals bekend gemaak. Hierdie lewende of mondelinge "koerantvoorlopers" is later vervang deur die eerste geskrewe nuusblaaie waarin amptelike, sake- en privaatbriewe gepubliseer is.
Die welvarende Europese stede het in die 13de en14de eeu 'n behoefte aan politieke en handelsnuus gehad, en stadsrade het begin omordinari (bodes of koeriers) vir die uitruiling van nuus te gebruik. Die belangrikste dryfkrag agter die stigting van gereelde nuusblaaie was die groot Europese handelshuise. Hul sogenaamde koopmansbriewe, wat vanaf die 14de eeu uitgegee is, het nuus oor politieke en handelsake bevat. In die Italiaanse hawestadVenesië het vanaf1536 die eerstegazette verskyn.
Onder die belangrikste uitgewers was die koopmansgesinFugger in die Duitse stadAugsburg, wat tussen1568 en1604 die Fugger-koerant uitgegee het. Die Fuggers het reeds oor 'n soort nuusagentskap beskik wat nuus uit alle wêrelddele versamel, gekopieer en uitgegee het. Die bewerkers en uitgewers van hierdie nuus het destyds asnouvellante bekend gestaan.
Die Fuggers het '"Ordinari-" en "Ekstra-Ordinari"-koerante aan belangstellendes verskaf. Die belangrikste bronne vir nuus, wat in dié dagblaaie gepubliseer is, was boodskappe van medewerkers in buitelandse kantore asook bekende persoonlikhede. Die meeste nuusartikels is steeds in Duits gepubliseer, daarnaas is ook Italiaans en Latyn gebruik. Die nuus en koerante is vinnig dwarsoor die vasteland gestuur en versprei. Die koerante het geen berigte oor die kulturele of filosofiese lewe van die tyd bevat nie, maar het gedetailleerde artikels oor handel, politiek en gebeurtenisse by die keiserlike hof bevat.
Die volledigebiblioteek van Fugger-koerante met meer as 40 000 enkele blaaie is in1655 deur keiserFerdinand III aangekoop en inWene georden.
Die titelbladsy van die eerste uitgawe van die Switserse Neue Zürcher Zeitung (NZZ, 12 Januarie 1780)
Met die uitvinding van die boekdrukkuns teen die einde van die15de eeu is die tegniese basis geskep om koerante in groot oplaagsyfers te druk en te versprei. Aanvanklik is nuusblaaie met net een enkele bladsy gedruk, wat van tyd tot tyd verslag gee van oorlogsdade, wonderlike gebeurtenisse en ander onderwerpe. Die oudste nuusblad van hierdie soort dateer uit die jaar1482. Die verhale van ontdekkingsreisigers het die aanleiding tot die uitgawe van ontdekkerskoerante gegee, waaronder die Kolumbusbrief van1493 as oudste voorbeeld. DieProtestantse Hervorming het in die16de eeu tot die grootskaalse uitgawe van gedrukte pamflette gelei wat deur die Duitse kerkhervormerMartin Luther en ander as gewilde media vir godsdienstige propagandaveldtogte ingespan is.
Die sogenaamdehistorische Relationen, wat in Duitsland vanaf1588 verskyn het, is in die vorm van kronieke uitgegee, maar het as eerste moderne publikasies gereeld op 'n halfjaarlikse basis in groot stede soosFrankfurt am Main enKeulen verskyn. DieRelation van Augsburg is vanaf1597 maandeliks uitgegee.
Die eerste uitgawe van dieAviso (Januarie 1609), een van die oudste Duitse koerante
In die somer van1605 het dieStraatsburgse drukker en boekhandelaar Johann Carolus begin om weekliks gedrukte uitgawes van sy tot dusver handgeskrewe nuusversamelings uit te gee. Sy nuusblad, wat onder die titelRelation aller fürnemmen und gedenckwürdigen Historien verskyn het, word in die perswetenskap as die eerste gedrukte koerant ter wêreld beskou.[2][3] Die eerste daaglikse nuusblad is in1660 inLeipzig, Duitsland uitgegee.
Die koerant as periodieke medium het vinnig nie net vir nuusberigte nie, maar ook vir politieke en wetenskaplike besprekings gewild geraak.
Die Franse nuusbladLa Gazette, wat vir die eerste keer in1631 deur die geneeskundige Renandot uitgegee is, word as die vroegste politieke koerant beskou. In1665 het die eerste wetenskaplike nuusblad verskyn, dieJournal des Savants, wat deur dieParysenaarDenis Sallo gestig is.
Boekdrukkers en die posmeesters het op die koerantmarkte as strawwe mededingers opgetree; tradisioneel dra baie koerante nog name wat die woord "Post" bevat. 'n Ander term, wat soms in verband met koerante uit die 17de eeu gebruik word, is "intelligensie", wat destyds sinoniem met "kennis" of "bekendstelling" gebruik is. Die sogenaamde "intelligensieblaaie" het oorwegend sakenuus of advertensies met ware wat te koop of te ruil was bevat. Intelligensieblaaie is in1633 vir die eerste keer inParys uitgegee, ses jaar later het die eersteLondense intelligensieblad verskyn. Dikwels was sakemanne, besitters van kroeë, maar ook Joodse burgers, wat enige soort handel gedryf het, en ander spesifieke beroepsgroepe verplig om op die intelligensieblaaie in te teken.
Voor dieFranse Rewolusie van1789 het die strenge sensuurmaatreëls en die gebrek aan demokratiese burgerregte die sukses van die perswese as die spreekbuis van die openbare mening gekeer. Eers met die begin van die liberale en demokratiese bewegings, tegniese vooruitgang in die drukkerynywerheid en die uitvinding van goedkoper papierverwerkingsmetodes was die tyd ryp om van die koerant 'n werklike massamedium te maak. Die vervoer- en inligtingsbedryf het met die nuwe spoorwegverbindings en die telegraaf die vinnige verspreiding van nuus moontlik gemaak. Kommersiële nuusagentskappe soos Havas, Reuter en Wolff het nuusberigte goedkoop ter beskikking gestel.
Veral die perswese in Frankryk, dieVerenigde Koninkryk en dieVerenigde State is deur invloedryke persmagnate soos William Randolph Hearst (1863–1951), William Lord Beaverbrook (1879–1964) en Harold Harmsworth, lord Rothermere (1868–1940), en hul trusts oorheers, wat ook vinnig die markkrag van die sogenaamdeponiekoerante ontdek het. Die Duitse perslandskap is daarenteen gekenmerk deur 'n groot aantal klein streekkoerante wat ondanks die groei van nasionale dagblaaie lewensvatbaar gebly het.
Die stigting van die dagbladDaily Mail deur die Britse joernalis Alfred Harmsworth in 1896 was 'n mylpaal vir die moderne perswese. Tradisionele koerante het met hul verhewe taalstyl ook in die laat 19de eeu meestal nog anspraak daarop gemaak om media vir 'n klein behoudende en goed opgeleide leserskap te wees. DieDaily Mail het daaglikse nuus met groot opskrifte, korter artikels, 'n nuwe sensasiestyl en baie illustrasies en foto's vir 'n breë publiek toeganklik en aantreklik gemaak. 'n Uitgebreide sportafdeling, aangrypende stories, skinder- en kletsstories, modenuus, pryskompetisies, blokraaisels en geïllustreerde advertensies was welkome vermaak.
In vergelyking met moderne poniekoerante was dieDaily Mail nog 'n respektabele dagblad wat nuusberigte oor die privaat lewe van persoonlikhede respekvol gehanteer het en ook groot aandag aan die kulturele lewe geskenk het. In elk geval het die dagblad groot aanklank by die publiek gevind, en dit was die eerste koerant ter wêreld wat met sy daaglikse oplaag die eenmiljoenkerf kon verbysteek.[4] Die inkomste uit advertensies het van Harmsworth 'n welvarende man gemaak.
In 1903 het Harmsworth die eerste dagblad van stapel gestuur wat uitsluitlik met foto's geïllustreer is,The Daily Mirror. Dit was oorspronklik veral op vroulike lesers gemik, maar was as sulks allesbehalwe suksesvol. Later is die koerant se konsep gewysig, enThe Daily Mirror is as 'n algemene dagblad uitgegee. In 1908 het Harmsworth die meerderheid vanThe Times se aandele oorgeneem nadat dié dagblad in ernstige finansiële moeilikhede beland het.
Die ultrakonserwatiewe persmagnaatAlfred Hugenberg (1865–1951) het vanaf die twintigerjare 'n leidende rol by die vestiging van anti-semitiese en ver-regse politieke opvattings gespeel. Uiteindelik het hy 'n wegbereider virAdolf Hitler geword. Meer onlangse uitgewers, wat vanweë hul groot invloed omstrede geraak het, was die Duitse uitgewerAxel Springer (1912–1985), wat met sy konserwatiewe koerante 'n invloedryke teenstander van die studentebeweging in die jare sestig geword het, en later die miljoenêrRupert Murdoch (* 1931), wat vanuit Australië 'n wêreldwye uitgewersryk opgerig het.
Die persvryheid inSuid-Afrika is met 'n ordonnansie van die Kaapse koloniale regering ingevoer wat op30 April1829 geproklameer is en die publikasie van enige nuusblad toegestaan het, alhoewel bepaalde regulasies en die "lasterwette" van die tyd nog nagekom moes word.
Ná1948 het die meeste Afrikaanse koerante meer of minder kritiese ondersteuning aan die bewind van dieNasionale Party verleen, terwyl die Engelse pers, met die uitsondering vanThe Citizen, as spreekbuis van blanke liberale opposisiepartye opgetree het. Met die algemene verkiesing van1994 het die Afrikaanse perslandskap begin verander. Koerante soosDie Transvaler (Johannesburg) enOosterlig (Port Elizabeth), wat opgeneem is in 'nOos-Kaapse uitgawe vanDie Burger, is intussen gestaak, terwyl die huidige groot Afrikaanse dagblaaieBeeld (Johannesburg),Die Burger (Kaapstad) en dieVolksblad (Bloemfontein) as moderne mediums en spreekbuise van die Afrikaanse gemeenskappe deel van die demokratiese samelewing geword het.
Die Afrikaanse perslandskap word aangevul deur die SondagkoerantRapport met 'n sirkulasie van 156 383 (vierde kwartaal 2014) enDie Son, die eerste Afrikaanse poniekoerant, met 'n sirkulasie van 81 458 (vierde kwartaal 2014).
Die Afrikaanse gemeenskapsperswese is besonder lewenskragtig, hoewel dit in 'n groot mate deur groot mediagroepe oorheers word, wat in die meeste gebiede tot 'n monopolie gelei het. In dieWes-Kaap, byvoorbeeld, oorheers dieNaspers-filiaalMedia24 se Boland-koerante die markte in dieHelderberg metDistrikspos,Worcester metStandard,Drakenstein metPaarl Post,Stellenbosch metEikestadnuus enHermanus metHermanus Times.