Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Knysnabrande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Intensekoue front veroorsaak dat stormsterk winde van 6 tot 8 Junie 2017 oor die Wes-Kaap waai.[1] Die brande wat ontstaan word in rooi aangedui.
Hierdie gesig op die Tuinroete-gebied van die Wes-Kaap is op 14 Junie 2017 tydensIRS-ekspedisie 52 verkry. Oos van Diepwalle-staatsbos woed 'n brand langs die Kransbosrivier, en die Knysna-strandmeer is steeds in rook gehul.

DieKnysnabrande was 'n reeks brande wat vroeg in Junie 2017 in bebosde dele van die suidelikeWes- enOos-Kaap gewoed het. Stormsterk wind van 50 tot 90 km/h het die brande oor 'n afstand van 100 km aangeblaas[1] sodat ekstensiewe skade aangerig is voordat dit uitgewoed het of onder bedwang gebring kon word. Volgens 'n verslag van dieWNNR het dit ontstaan nadat die stormwind 'n smeulende bos opnuut laat opvlam het. Die brand het om en by 'n duisend huise verwoes en die lewens van 7 mense teKnysna en 2 tePort Elizabeth geëis,[1] waaronder twee wat besig was om die brand te bestry.

Volgens Phillip Frost van die WNNR is die bos te Elandskraal nabyKaratara reeds op 22 Maart deur weerlig getref, en die brand het dan waarskynlik ondergronds in boomwortels gesmeul.[2] Op 6 en 7 Junie hetstormwinde van 120 km/h oor dieKaapse Skiereiland, en bergwinde van 50 km/h oor die suid-Kaap gewaai. Dit het dadelik tussen 20 en 30 omvangryke brande in die omstreke vanKnysna aangeblaas.[3] Nege mense het in die vlamme gesterf,[1][4] sowat 10 000 moes skuiling soek teen die vuur,[5][6] en om en by 600 strukture het in die omgewing vanPlettenbergbaai, Knysna en Port Elizabeth in die slag gebly.[4] Bykans 20 000 hektaar is in puin gelê,[7] en skenkings het van regoor die land ingestroom om hulpbehoewendes by te staan.[8]

Die brande is gekenmerk deur die grootste ontplooiing van brandbestryders tot nog toe inSuid-Afrika. Altesaam 985 brandbestryders, 78 voertuie, tienhelikopters, en twee vastevlerkvliegtuie is tussen 6 en 10 Junie 2017 aangewend om die brand onder bedwang te bring.[4] Daar word vermoed dat die brande skade van tussen R4 miljard en R5 miljard[1] aan privaateiendom aangerig het, benewens 'n bykomende R136 miljoen se skade aan publieke infrastruktuur.[4] Versekeringsuitbetalings het meer as R2 miljard beloop.[7]

Daar word beweer dat verdigting van uitheemseindringerplante bygedra het tot die omvang van die ramp. Dit was na bewering die grootste brand in Suid-Afrika sedert 1869,[7] en het met die ergste plaaslike droogte in 'n eeu saamgeval.[2] 'n Nie-amptelike vermoede het aanvanklik bestaan dat sommige van die brande deur brandstigters veroorsaak is.[9]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,31,4WeatherSMART News: The Cold Front of 6 June to 8 June 2017, p. 13 (Augustus 2017)
  2. 2,02,1van Zyl, Diak Mac (1 Julie 2018)."CSIR pinpoints cause of devastating Knysna fires".Die Hervormer (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op8 Junie 2019.
  3. Koyana, Xolani (7 Junie 2017)."Storm winds fan Knysna fire, residents evacuated".EWN (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2018. Besoek op12 Junie 2017.
  4. 4,04,14,24,3de Villiers, James (20 Junie 2017)."Knysna fire led to largest deployment of firefighting resources in SA history - authorities".News24 (in Engels). Geargiveer vanafdie oorspronklike op 31 Desember 2018. Besoek op22 Junie 2017.
  5. Ndlovu, Ray (8 Junie 2017)."Insurers expect claims to rise on Cape storm and fires".Business Day (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2018. Besoek op12 Junie 2017.
  6. de Villiers, James (11 Junie 2017)."#KnysnaFire: death toll rises".News24 (in Engels). Geargiveer vanafdie oorspronklike op 8 Januarie 2019. Besoek op12 Junie 2017.
  7. 7,07,17,2"Knysna fires cost R3bn: report".eNCA (in Engels). 8 Junie 2019.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op8 Junie 2019.
  8. van Zyl, Diak Mac (Augustus 2017)."Die Knysnabrande".Die Hervormer. Besoek op8 Junie 2019.[dooie skakel]
  9. Child, Katharine."Are Knysna fires the result of arson?".www.timeslive.co.za (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2018. Besoek op7 Julie 2017.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Knysnabrande&oldid=2711973"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp