Uitsig oor die Visrivierafgronde.'n Kloof in Utah, VSA.
'nKloof ofravyn is 'nrivierdal met steil (rots)wande wat deur erosie diep uitgedolwe is. Groot klowe word dikwels met die termcanyon aangedui.
Klowe bied 'n uitstekende ligging vir die bou van 'nstudam. Klowe is ook dikwels die enigste roete deur 'nbergreeks. Tydens oorloë word klowe ook dikwels vir die lê van hinderlae gebruik. As gevolg hiervan is klowe van groot strategiese belang.
In 2013 het Amerikaanse navorsers by die Universiteit van Bristol 'n kloof onder 'n laag ys opGroenland ontdek. Die kloof is vanuit 'n vliegtuig wat die gebied met radiogolwe gekarteer het bespeur. Die kloof, wat ongeveer 'n kilometer breed is, is met 'n lengte van ongeveer 750 kilometer waarskynlik die langste ter wêreld.