Klerksdorp | |
---|---|
![]() Gebou van Klerksdorp se eertydseNG moedergemeente | |
Koördinate:26°52′S26°40′O / 26.867°S 26.667°O /-26.867; 26.667 | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr Kenneth Kaunda |
Munisipaliteit | Matlosana |
Stigting | 1837 |
Oppervlak | |
• Totaal | 105,98 km2 (40,92 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 186 515 |
• Digtheid | 1 760/km2 (4 600/vk. myl) |
Rasverdeling(2011) | |
• Wit mense | 18.0% |
• Indiërs/Asiërs | 1.3% |
• Bruin mense | 6.4% |
• Swart mense | 74.0% |
• Ander | 0.3% |
Taal(2011) | |
• Tswana | 42.7% |
• Afrikaans | 23.8% |
• Xhosa | 11.7% |
• Sotho | 10.7% |
• Ander | 11.2% |
Poskode(strate) | 2571 |
Poskode(posbusse) | 2570 |
Skakelkode | 018 |
Klerksdorp is 'n stad in dieNoordwes-provinsie vanSuid-Afrika en die oudste dorp in die weste van die historieseTransvaal. Benewens vir mynbouaktiwiteite is Klerksdorp die ekonomiese, mediese, onderwys- en handelsentrum van die Noordwes-provinsie en die noordelikeVrystaat. DieN12 nasionale pad gaan deur Klerksdorp.
Die dorp is in1837 gestig, toe Voortrekkers hulle aan die oewers van dieSchoonspruit gevestig het. Die bekendste onder die eerste setlaars was C.M. du Plooy, wat op die plaas "Elandsheuwel" met 'n oppervlak van 160 vierkante kilometer geboer het. Hy stel erwe en weiregte op sy plaas aan ander Voortrekkers beskikbaar, wie in ruil daarvoor 'n dam en 'n besproeiingskanaal vir hom gebou het. Die gebied kry later, ter ere van sy eerste landdros, Jacob de Clerq, die naam Klerksdorp.
In Augustus1886 is, net soos aan dieWitwatersrand, ook in die Klerksdorp-distrikgoud ontdek, en duisende fortuinsoekers het na die dorp gestroom, wat vinnig gegroei en oor sewentig kroeë en selfs sy eie effektebeurs beskik het.
Die goudrif het egter die gebruik van duur en tegnies gevorderde toerusting vir die ontginning van die edelmetaal noodsaaklik gemaak, en die meeste gouddelwers het die dorp in die laat negentigerjare weer verlaat. Die mynbounywerheid in die gebied beleef 'n ekonomiese agteruitgang.
Op 3 Augustus1897 word Klerksdorp se spoorwegverbinding metKrugersdorp en in1906 dié metKimberley geopen.
Tydens dieTweede Vryheidsoorlog (1899-1902) vind swaar gevegte in die omgewing van Klerksdorp plaas, en die Britte rig hier ook 'n grootkonsentrasiekamp op.
Groot maatskappye hervat die mynbou in 1932, en Klerksdorp beleef veral ná dieTweede Wêreldoorlog 'n nuwe ekonomiese bloeitydperk.
Vandag sluit die metropolitaanse gebied van Klerksdorp met sy meer as 350 000 inwoners (die sogenaamde Kosh-gebied: Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein) ook die dorpeOrkney,Kanana,Stilfontein, Khuma,Hartbeesfontein en Tigane in. Klerksdorp is die ekonomiese sentrum van die Noordwesprovinsie en is nog steeds 'n belangrike mynboudorp vir die goudbedryf, alhoewel sy belangrikheid geleidelik begin afneem. Naas goud word ookuraan in die gebied ontgin.
'n Hewigeaardbewing het in Maart 2005 groot skade op Stilfontein aangerig en ook die mynbougeriewe ernstig beskadig. Daar word vermoed dat die aardbewing deur ondergrondse menslike mynaktiwiteite veroorsaak of aangehelp is, dus is meeste van die myne permanent gesluit daarna.
Die distrik is 3 500 km2 groot. Die distrik van Klerksdorp is nog steeds 'n belangrike landbousentrum, wat veralmielies, sorghum,grondboontjies en sonneblomme betref. Klerksdorp beskik oor die grootste mieliesilo in Suid-Afrika en die grootste landbou-koöperatief in die suidelike halfrond, Senwes. Die dorp staan ook bekend vir sy Sussex-beeskuddes; Klerksdorp is die hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Sussextelersvereniging.
![]() | Wikimedia Commons bevat media in verband metKlerksdorp. |