Kleinvoet | |
| Algemene naam | Kleinvoet |
|---|---|
| Katalogusnommer | Stw 573 |
| Spesie | Australopithecus, spesie onbekend |
| Ouderdom | 2,2–3,3 miljoen jaar |
| Plek ontdek | Sterkfontein,Suid-Afrika |
| Datum ontdek | 1994 |
| Ontdek deur | Ronald J. Clarke |
Kleinvoet is die bynaam van diefossiel van ’n buitengewone, volledigeHominini-skedel wat in 1994–'98 in dieSterkfonteingrotte inSuid-Afrika ontdek is.


Terwyl die paleoantropoloog Ronald J. Clarke in 1994 deur museumbokse met die etiket "Cercopithecoids" gekyk het, het hy afgekom op fossielstukke waarvan hy verskeie herken het as dié van ’n hominien. Hy het vier linkervoet-bene gesien wat gelyk het of dit aan dieselfde persoon behoort. Dié stukke was van die Silberberg-grot by Sterkfontein. Hulle is beskyf as dele van diegenusAustralopithecus en is gekatalogiseer asStw 573.[1]
Omdat die bene so klein was, het hy dit "Kleinvoet" gedoop. Hy het in 1997 nog bene van dieselfde individu in aparte sakke gevind, onder meer ’n deel van die distale skeenbeen wat duidelik van die res van die been afgeskeur is. Hy het twee assistente, Stephen Motsumi en Nkwane Molefe, na die Silberberg-grot gestuur om die passende stuk van die skeenbeen te probeer vind. Twee dae later is die res van die been gevind waar dit uit ’n rots steek. Hier het dr. Clarke en sy span die hele skedel, kakebeen en ander ledemate gevind.
Dit is in 1998 aan die pers bekend gemaak en het aansienlike aandag in die wêreldmedia geniet.[2]
Hierna is ’n redelik volledige skelet gevind, onder meer ’n volledige voorarm en hand, dele van die pelvis, ribbes en ruggraat. Uitgrawings word steeds gedoen en die skelet sal waarskynlik baie vollediger wees as die beroemdeAustralopithecus afarensis-skeletLucy vanEthiopië.
Clarke meen Kleinvoet behoort nie tot diespesieAustralopithecus afarensis ofAustralopithecus africanus nie, maar tot ’n uniekeAustralopithecus-spesie wat vroeër byMakapansgat en Sterkfontein gevind is,Australopithecus prometheus.[3][4]
Die ingewikkelde geologie van Sterkfontein maak dit moeilik om die presiese ouderdom van die bene vas te stel omdat daar geenvulkaniesetufsteen vir akkurateradiometriese datering is nie. Daar is aansienlik gedebatteer oor hoe oud Stw 573 is. Ramings wissel van byna 4 miljoen jaar[5] tot 2,2 miljoen jaar.[6] Volgens ’n magnetochronologiese raming is die skelet sowat 3,3 miljoen jaar oud.[7]