Kleinfontein | |
|---|---|
| Koördinate:25°49′55″S28°30′3″O /25.83194°S 28.50083°O /-25.83194; 28.50083 | |
| Land | |
| Provinsie | Gauteng |
| Metropolitaanse Munisipaliteit | Stad Tshwane |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 8,6 km2 (3,3 vk. myl) |
| Hoogte | 1 448 m (4 751 ft) |
| Bevolking | |
| • Totaal | 650 |
| Tydsone | UTC+2 (SAST) |
| Webwerf | http://www.kleinfontein.net/ |
Kleinfontein is 'n jong nedersetting nabyPretoria,Suid-Afrika, waarvan die inwoners deur hul aandeelhouer-reëls tot Afrikaanssprekende Christene beperk word. Kleinfontein-plaas is in 1992 aangekoop en is sedert die middel 1990s ontwikkel as 'n Afrikaner-enklawe met 'n beperkteekonomie. Alhoewel dit 'n plaas met woonhuise eerder as 'n dorpsgebied is, het dit teen 2017 reeds 'n inwonertal van 1 200 mense en 'n laerskool gehad.[1]Orania word as hul sustersdorp beskou.
Kleinfontein is geleë tussen Pretoria enBronkhorstspruit. Dit lê net suid van dieN4 en net wes van dieR515, 'n paar kilometer suid vanRayton.
Dit is gestig deur afstammelinge van die oorspronklikeVoortrekkers enBoere watselfbeskikking in 'n outonomevolkstaat soek. Dit is 'n poging om die ideaal van 'n volkstaat van sommigeAfrikaners te verwesenlik. Kleinfontein is een van twee slegs-Afrikanerenklawe in Suid-Afrika, die ander syndeOrania.[2]
Na 'n 9 maande lange proses is Kleinfontein op 16 Maart 2018 van 'n koöperasie na 'n aandeleblokskema omskep,[3] en is in hierdie opsig soortgelyk aan Orania. Deelname geskied deur kontrakte wat lede se verpligtinge en vererfbare gebruiksreg uitstippel,[3] en effektief neerkom op verblyfreg in 'n plaasgebied met 'n aandeelblokskema as vorm van eiendomsreg.
Die gemeenskap se gestelde doelwit is om hul eiendom te ontwikkel tot leefruimte vir vryheidsgesinde Boere-Afrikaners, waarbinne alle fasette van hul eiesoortige volksbestaan vrylik, onverhinderd en onbedreigd uitgeleef kan word. Hieronder tel veral hul Christengeloof,Afrikaanse taal en volkskultuur. 'n Welvarende plaaslike ekonomie word nagestreef wat op volkseie arbeid gevestig is. In praktyk behels dit dat alle tuinwerk en tuinbou, huis- en konstruksiewerk net deur Afrikaners verrig word.[1] Nie-Afrikaners kan wel aflewerings doen onder toesig van 'n veiligheidswag. Die inwoners beskou hulself nie as rassiste nie, maar wel as mense wat weens veiligheids- en ander oorwegings in 'n aparte eerder as gemengde bestel wil lewe.[1] Die post-1993 bestel in Suid-Afrika word gesien as 'n bedreiging vir Afrikaner werkskepping, benewens hul kultuur en beskouing van die geskiedenis. Joernaliste het gevind dat die jonger geslag van Kleinfontein oorwegend dieselde oortuigings as hul ouers huldig.[1]