Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kiribaties

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kiribaties
Taetae ni Kiribati
Gepraat in:Vlag van Kiribati Kiribati 
Gebied:Oseanië
Totale sprekers:118 401[1]
Taalfamilie:Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Oseanies
   Mikronesies
    Kiribaties 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Kiribati Kiribati
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:gil
ISO 639-3:gil
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Kiribaties (Taetae ni Kiribati), voorheenGilberties, is 'nMaleis-Polinesiese taal wat saam metEngels dieamptelike tale van dieeilandnasieKiribati vorm. Die teks van Kiribati sevolkslied,Teirake Kaini Kiribati, is in Kiribaties.

Taalkundiges klassifiseer Kiribaties as 'nMikronesiese taal wat nou verwant aanMarshallees van dieMarshalleilande enNauruaans vanNauru is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soosCookeilandse Māori,Hawais,Māori,Rapa Nui enTahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soosSamoaans,Tokelauaans enTuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis metFidjiaans enTongaans.

Kiribaties word deur 118 401 mense gepraat. Dit is voorheen "Gilberties" genoem ná die seekapteinThomas Gilbert wat in 1788 saam met die seekapteinJohn Marshall, ná wie dieMarshalleilande genoem is, Kiribati en die Marshalleilande virEuropa ontdek het.[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kiribati" (in Engels).Ethnologue.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op14 Februarie 2018.
  2. (en)Samuel Eliot Morison (22 Mei 1944)."The Gilberts & Marshalls: A distinguished historian recalls the past of two recently captured pacific groups".Life. Besoek op14 Februarie 2018.
 Hierdie artikel oor 'ntaal, taalgroep oftaalfamilie is slegs 'nsaadjie. Jy kan help deurdit uit te brei.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kiribaties&oldid=2209533"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp