DieKimmeriërs (Grieks: Κιμμέριοι,Kimmerioi) was ’n antiekeIndo-Europese volk wat reeds in1300 v.C. noord van dieKaukasus en dieSee van Azof gewoon het.[1] Hulle is in die8ste eeu v.C. deur dieSkitiërs suidwaarts naAnatolië verdryf. Taalkundig word hulle gewoonlik beskou asIrans, of moontlikThracies met ’n Iranse heersersklas.
Ná hul uittog uit diePonties-Kaspiese Steppe het die Kimmeriërs moontlik in 714 v.C.Urartu aangeval, maar in 705 v.C., nadat hulle deurSargon II uit dieNieu-Assiriese Ryk verdryf is, het hulle naAnatolië opgeruk enFrigië in 696–695 v.C. verower. In 652 v.C., nadat hulle dieLidiese hoofstad,Sardis, ingeval het, het hulle die hoogtepunt van hul mag bereik.
Kort ná 619 v.C. het die Lidiërs hulle verslaan. Hulle word nie weer in historiese bronne genoem nie, maar het waarskynlik naKappadosië uitgewyk.[2]