Basinger as J.Z. Kane in die TV-reeksDog and Cat (1977).
Sy het haar akteursloopbaan in 1976 optelevisie begin en haar rolprentdebuut in die 1981-dramaHard Country gemaak. Basinger het bekendheid verwerf toe sy in 1983 dieBond-meisie Domino Petachi was inNever Say Never Again, teenoorSean Connery. In die jaar daarna het sy ’nGolden Globe-benoeming gekry vir haar spel inThe Natural. Sy was ook Elizabeth in die omstrede erotiese drama9½ Weeks (1986) en Vicki Vale inBatman (1989).
In 1997 het sy dieOscar,Golden Globe en Screen Actors Guild Award vir beste vroulike byspeler gewen vir haar vertolking van Lynn Bracken inL.A. Confidential. Sy is die enigste aktrise nog wat al nakend inPlayboy verskyn en ’n Oscar gewen het.
Haar ander prente sluit inFinal Analysis (1992),I Dreamed of Africa (2000),8 Mile (2002),The Door in the Floor (2004),Cellular (2004) en die komendeThe Nice Guys (2016).