Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kikuyu (volk)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kikuyu/Gikuyu

'n Kikuyu-vrou met 'n in wit en rooi geverfde gesig, en verskeie halssnoere met dopkrale.
Totale bevolking:ca. 6,6 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Kenia Kenia 6 622 576 (2009-sensus)
Taal:Kikuyu,Swahili,Engels
Geloofsoortuiging:Christendom, tradisionele godsdiens
Verwante etniese groepe:Embu, Meru, Mbeere, Kamba, Sonjo en anderBantoevolke

DieKikuyu ofGikuyu (Kikuyu:Gĩkũyũ) is die grootsteetniese groep inKenia. Volgens die nasionale sensus van 2009 leef sowat 6,6 miljoen Kikuyu in Kenia, sowat 17% van dié land se bevolking.[1] Hulle praat Kikuyu, 'nBantoetaal binne dieNiger-Kongo-taalfamilie, asmoedertaal, maar ookSwahili enEngels, die tweeamptelike tale van Kenia, aslingua franca.

'n tradisionele Kikuyu-hut nabyNairobi,Kenia

Die termKikuyu is dieSwahili-woord van die volk se eienaamGĩkũyũ.Gĩkũyũ beteken "groot wildevyeboom" (mũkũyũ)" enAgĩkũyũ "kinders van die groot wildevyeboom". Die alternatiewe benamingNyũmba ya Mũmbi beteken "Huis van die Pottebakker of Skepper".[2] In die 1950's het hulle die stryd om onafhanklikheid teen dieBritse koloniale mag aangevoer en vir baie jare groot sektore van die ekonomie en die politiek van die onafhanklike Kenia gedomineer, wat dikwels in die afgelope dekades tot konflikte met ander etniese groepe gelei het. Een van die bekendste Kikuyu isJomo Kenyatta, die eerste president van Kenia, wat as die "vader" van die moderne en onafhanklike Kenia beskou word.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 2009 Population & Housing Census, Wayback Machine. Staatsdepartement vir Beplanning[1], geargiveer op 10 Augustus 2013
  2. "Gikuyu Origins | Gikuyu Architecture" (in Engels). Mukuyu.wordpress.com. 13 November 2008.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2020. Besoek op21 September 2018.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kikuyu_(volk)&oldid=2209499"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp