’nKhanaat ofkhaganaat was ’n politieke entiteit wat tipes was van dieEurasiese Steppe. Dit is deurkhans ofkhagans regeer en was die ekwivalent van ’n stamgebied,prinsdom,koninkryk ofkeiserryk. Die titel "khan" kom uitMongools ofTurks en het oorspronklik vaagweg "leier" beteken.
NadatDjengis Khan dieMongoolse Ryk in dele verdeel het vir sy seuns en kleinseuns,[1] het verskeie khanate in die voormalige ryk ontstaan.[2] Die bekendste hiervan was seker die khanaat van dieGoue Horde.
Ook die Turkse volke het die naam gebruik. DieTatare het ná die val van die Goue Horde die khanate vanKazan, dieKrim,Astrachan enSiberië gestig. Ook inPersië was verskeie khanate, soos die magtigeIl-khanaat, een van die Mongoolse opvolgerstate. Die laaste khanate in dieRussiese Ryk is in die 19de eeu deur Rusland geannekseer.
- ↑Peter Jackson. 2000. "From Ulus to Khanate: the making of the Mongol states, c. 1220-c. 1290", eerste gepubliseer in R. Amitai-Preiss & D.O. Morgan (reds.),The Mongol Empire and Its Legacy. Leiden: E.J. Brill, 1999.
- ↑Thomas T. Allsen, "Sharing Out the Empire: Apportioned Lands under the Mongols", inNomads in the Sedentary World, red. Anatoly M. Khuzanov en André Wink (Richmond, Surrey: Curzon Press, 2001): 172–190