Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Khalil Gibran

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Khalil Gibran
Kahlil Gibran in 1913
Gebore
Gibran Khalil Gibran

6 Januarie1883
Sterf10 April1931
NasionaliteitVerenigde State,Libanon
BeroepKunstenaar, digter en skrywer
Bekend virSkrywer vanDie profeet
Handtekening

Gibran Khalil Gibran,Arabies: جبران خليل جبران, Siries: ܓ̰ܒܪܢ ܚܠܝܠ ܓ̰ܒܪܢ, inEngels word na hom verwys asKahlil Gibran, (Bsharri6 Januarie1883 -New York Stad,10 April1931) was 'nkunstenaar,digter enskrywer.

Lewensloop

[wysig |wysig bron]

Gibran is inLibanon gebore. Sy ouers was Maronitiese Christene. Toe hy 12 was, het sy ma saam met haar kinders na dieVerenigde State van Amerika vertrek, maar Khalil na 'n kort tydjie teruggestuur om voort te gaan met sy opvoeding. In 1901 verlaat hyBeiroet en gaan naEuropa. Daar het hy in kontak gekom met Europese moderniste enromantiek. Sy eerste boekal-Musiqa (1905), wat eintlik meer 'n pamflet was, was 'n romantiese lofsang virmusiek. Die grootste deel van sy produktiewe lewe bring hy deur inBoston enParys.

Gibran het met sy digterlike werke geskiedenis gemaak: veral sy boek Die profeet het baie gewild geraak by die publiek en word tot vandag toe deur baie as 'n persoonlike Bybel gebruik. Hy is ook in die Arabiese wêreld bekend as 'n vrydenker en skrywer, een van die min van sy tyd wat buite die grense en oor verskille heen gekyk het. Hy het net soveel inEngels geskryf as in Arabies, meestal kortverhale en prosiëse gedigte. In teenstelling met die gewone Arabiese literatuur, is sy werk baie toeganklik, ook vir godsdienstiges en diegene wat tuis voel inateïsme. Sy reputasie as 'n sentrale figuur in die moderne Arabiese letterkunde is nie betwyfel nie.

Benewens die skryfwerk, het hy gereeld geskilder; sy boeke bevat baie van sy kuns werke. Later beskryf hy sy lewe in Libanon as idillies, in sy werk skyn baie van die volkskultuur en die natuurlike skoonheid van Libanon deur.[1]

Werk

[wysig |wysig bron]

Sy skilderye en tekeninge is oral in die wêreld te vind. Sy boeke kombineer Westerse en Oostersemistisisme. Sy digterlike werk is in meer as 25 tale vertaal. Die volgende werke vermeld die datum van die oorspronklike uitgawe met die Afrikaanse titel:

1908: Gees van opstand

1912: Gebreekte vlerke

1914: 'n Traan en 'n glimlag

1918: Die dwaas

1920: Die voorloper

1923: Die profeet

1928: Jesus, die mensekind

1933: Die tuin van die profeet[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. https://www.poetryfoundation.org/poets/kahlil-gibran |Kahlil Gibran. 1883–1931.Poetry Foundation. Besoek op 6 Mei 2019}}
  2. https://www.spirituelevrienden.com/boeiende-persoonlijkheden/kahlil-gibran/Geargiveer 2 Julie 2020 opWayback Machine ,Kahlil Gibran, dichter, denker en schilder, Uitgewerː Spirituele vrienden Besoek op 6 Mei 2019
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Khalil_Gibran&oldid=2619226"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp