Kevin Delaney Kline (gebore op24 Oktober1947) is ’nAmerikaanseakteur van die verhoog en rolprente, komediant ensanger. Hy het ’nOscar en tweeTonys gewen, en is in 2003 in die Amerikaanse Teater-eresaal opgeneem.[1]
Kline het sy loopbaan op die verhoog in 1972 begin by The Acting Company. Hy het twee Tonys gewen vir sy werk inBroadway-musiekspele: vir die 1978-produksie vanOn the Twentieth Century en die 1981-weergawe vanThe Pirates of Penzance.[2]
Hy het die volgende jaar sy rolprentdebuut teenoorMeryl Streep inSophie's Choice gemaak. Vir sy rol in die 1988-komedieA Fish Called Wanda het hy die Oscar vir beste manlike byspeler gewen. In 2003 was hy Falstaff in die Broadway-produksieHenry IV, en daarvoor het hy die Drama Desk-prys gewen.
Sy ander prente sluit inThe Big Chill (1983),Silverado (1985),Cry Freedom (1987),Dave (1993),The Hunchback of Notre Dame (1996),The Ice Storm (1997),In & Out (1997),De-Lovely (2004) enMy Old Lady (2014).