Diekerkkraai (Coloeus monedula,Engels:Western jackdaw,Nederlands:kauw) is ’nsangvoël in die familieCorvidae. Hulle kom voor dwarsoorEuropa,Wes-Asië enNoord-Afrika. Hullemigreer nie eintlik nie, hoewel noordelike en oostelike bevolkings in die winter suid migreer. Vier subspesies word erken wat kan verskil wat die kleur van die vere aan die kop en agternek betref.Linnaeus het die spesie eerste amptelik beskryf en dit die naamCorvus monedula gegee.
Kerkkraaie is 34-39 cm lank. Hulle het swart vere, ’n grys agternek en kenmerkende vaalgrysirisse. Hulle gesels graag en word in klein groepe met ’n ingewikkelde sosiale struktuur aangetref in plaasstreke, oop struikgebiede, aan kranse aan die kus en in stede. Nes hul verwante is kerkkraaie intelligent; hulle is al gesien waar hulle gereedskap gebruik. Hulle isomnivore en eet ’n groot verskeidenheidplante enongewerweldes, sowel as oorskietkos in stedelike gebiede. Kerkkraaie ismonogaam en bou eenvoudigeneste van stokkies in bome en aan kranse en geboue. Hulle lê sowat vyf vaalblou of blougroen eiers met bruin spikkels op ’n slag wat deur die wyfies uitgebroei word.
Die kerkkraai was een van die baie spesies watCarl Linnaeus oorspronklik in sy18de-eeuse werkSystema Naturae beskryf het.[2] Vanweë die voël se veronderstelde liefde om muntstukke op te tel, het Linnaeus dit diebinomiale naamCorvus monedula gegee, wat afgelei is van dieLatynse stammoneta vir "geld".[3][4] Kerkkraaie word soms in die genusColoeus geplaas, wat afgelei is van dieGriekse woord κολοιός (koloios) vir die voël,[5] hoewel dit in die meeste werke asCorvus geklassifiseer word.[6]
DieAfrikaanse naam kom van die feit dat hulle daarvan hou om hul neste aan geboue sooskerke te maak.
In ’n studie van 2000 is bevind die genetiese verskille tussen kerkkraaie en die ander lede vanCorvus is groter as binne die res van die genus.[7] Daarom het Pamela Rasmussen weer die genusnaamColoeus, wat in 1829 deur Johann Kaup gevestig is,[8] gebruik in haar boekBirds of South Asia (2005).[9] Dit is ook in 1982 deur Hans Edmund Wolters in Duits gebruik.[10] InDNS-studies van 2007 is bevind die kerkkraai en die nabye verwanteC. dauuricus van Oos-Rusland enChina isbasaal tot die kern-Corvus-klade.[11] Sedertdien gebruik die Internasionale Ornitologiese Kongres weer die nameColoeus monedula enColoeus dauuricus op sy amptelike lys.[12]
Daar is vier erkende subspesies van die kerkkraai.[13][14] Alle Europese subspesies intergradeer waar hul bevolkings ontmoet.[15]C. m. monedula intergradeer byvoorbeeld metC. m. soemmerringii in ’n oorgangstrook wat vanFinland suid strek oor dieBaltiese lande en Oos-Pole tot inRoemenië enKroasië.[16]
C. m. monedula(Linnaeus, 1758), dienominaatsubspesie, kom in Oos-Europa voor. Hul hougebied strek oorSkandinawië, van Suid-Finland suid tot Esbjerg en Haderslev inDenemarke, deur Suid-Duitsland en Pole, en suid oor Oossentraal-Europa tot dieKarpate en Noordwes-Roemenië,Vojvodina in Noord-Serwië, enSlowenië.[17] Hulle teel in Suidoos-Noorweë, Suid-Swede en Noord- en Oos-Denemarke, en oorwinter soms inEngeland enFrankryk. Die agternek en kante van die nek is bleek, die keel donker en die halfkraag liggrys.[15]
’n Volwasse kerkkraai.
’n Jongvoël.
C. m. spermologus(Vieillot, 1817) word aangetref in Wes-, Sentraal- en Suid-Europa en Noord-Afrika, van Brittanje,Nederland en dieRynland in die noorde, deur Wes-Switserland tot inItalië in die suidooste, en dieIberiese Skiereiland enMarokko in die suide.[17] Hulle oorwinter in dieKanariese Eilande enKorsika. Hulle is donkerder as die ander subspesies en het nie die wit rand aan die basis van die grys agternek nie.[15]
C. m. soemmerringii(Fischer, 1811) kom voor in Noordoos-Europa en Noord- en Sentraal-Asië, van die voormaligeSowjetunie tot by dieBaikalmeer en Noordwes-Mongolië, en suid tot inTurkye,Israel en die oostelikeHimalaja.[17] Hulle oorwinter inIran en Noord-Indië (Kasjmir).[9] Hulle word onderskei aan die agternek en kante van die nek wat bleker is.[15]
C. m. cirtensis(Rothschild en Hartert, 1912) hou inMarokko enAlgerië in Noordwes-Afrika en het vroeër ook inTunisië voorgekom.[17] Hul vere is dowwer en meer eenvormig donkergrys as dié van die ander subspesies, en die agternek is minder opvallend bleek.[15]
Die kerkkraai is 34-39 cm lank en is die tweede kleinste lid van die genusCorvus.[18] Die meeste vere is blinkswart, met ’n pers (in die subspesiesmonedula enspermologus) of blou (in die subspesiescirtensis ensoemmerringii) skynsel aan die kroon,[19] voorkop en sekondêre slagpenne, en ’n groenblou skynsel aan die keel, primêre slagpenne en stert. Die wange, agternek en nek is lig- tot silwergrys. Die bene en kort, stewige snawel is swart;[18] laasgenoemde se lengte maak sowat 75% van dié van die res van die kop uit.[19] Die mannetjies en wyfies lyk eenders.[13][20] Kerkkraaieverveer van Junie tot September in die westelike dele van hul verspreidingsgebied en ’n maand later in die ooste daarvan.[17]
Jongvoëls se vere is dowwer. Die kop het soms ’n effense groen skynsel en die basis van die vere is daar bruin. Die agterkant en sykante van die nek is donkergrys. Die stert het smaller vere en ’n groenerige skynsel.[21]
↑Mayr, Ernst; Greenway, James C. Jr, reds. (1962).Check-List of Birds of the World. Vol. 15. Cambridge, Massachusetts: Museum of Comparative Zoology. p. 261.
↑Kryukov, A. P.; Suzuki, H. (2000). "Phylogeography of Carrion, Hooded and Jungle crows (Aves, Corvidae) Inferred From Partial Sequencing of the Mitochondrial Cytochromeb Gene".Russian Journal of Genetics.36: 922–29.
↑Gill, F.; Donsker, D., reds. (30 Maart 2011)."Vireos, Crows & Allies".IOC World Bird List: Version 2.8.3 (in Japannees). WorldBirdNames.org.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2014. Besoek op29 Junie 2011.
↑13,013,1Mullarney, Killian; Svensson, Lars; Zetterstrom, Dan; Grant, Peter (1999).Collins Bird Guide. Collins. p. 335.ISBN0-00-219728-6.
↑Porter, R. F.; Christensen, S.; Schiermacher-Hansen, F. (1996).Birds of the Middle East. Princeton, New Jersey: Princeton University Press. p. 405.
↑Cramp, Stanley, red. (1994).Handbook of the Birds of Europe the Middle East and North Africa, the Birds of the Western Palearctic, Volume VIII: Crows to Finches. Oxford, VK: Oxford: Oxford University Press.ISBN0-19-854679-3.