Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kensington, Johannesburg

Koördinate:26°11′36″S28°6′22″O / 26.19333°S 28.10611°O /-26.19333; 28.10611
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kensington
Uitsig oor Kensington
Kensington is in Gauteng
Kensington
Kensington
 Kensington se ligging in Gauteng
Koördinate:26°11′36″S28°6′22″O / 26.19333°S 28.10611°O /-26.19333; 28.10611
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Oppervlak
 • Totaal5,21 km2 (2,01 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal19 197
 • Digtheid3 685/km2 (9 540/vk. myl)
Rasverdeling(2011)
 • Wit mense37,0%
 • Indiërs/Asiërs17,2%
 • Bruin mense6,4%
 • Swart mense45,9%
 • Ander1,3%
Taal(2011)
 • Engels59,6%
 • Afrikaans6,7%
 • Zoeloe11,0%
 • Xhosa2,5%
 • Ander20,2%
Poskode(strate)
2094
Poskode(posbusse)
2101
Skakelkode011

Kensington is een van die oudstevoorstede vanJohannesburg en volgens sy oppervlak ook een van sy grootstes. Dit word in die weste begrens deurJeppestown,Troyeville enBelgravia, in die noorde deurBezuidenhoutsvallei enJudith's Paarl, in die noordooste deurDewetshof, in die ooste deurBedfordview en in die ooste en suide deurReynolds View enMalvern.

Duisende bome, wat langs paaie geplant is toe die voorstad se padnetwerk op voormalige grond van die plaasDoornfontein in 1902 uitgelê is, en die voorstad se ligging op 'n aantal koppies dra by tot die rustige en dorpsagtige karakter. Dit word beskryf as 'n meer tydlose en besadigde deel van Johannesburg.[2]

Kensington het vanaf 1897 op die hoogtepunt van dieBritse Ryk se magsuitbreiding ontstaan, en dit was ietwat oordrewe Britse nasionalisme (jingoisme) wat kort ná die oorwinning in dieAnglo-Boereoorlog sy stempel op Kensington se toponimie afgedruk het. Nie net die voorstad se naam - afgelei van die welgestelde voorstadKensington in die huidigeLondense Royal Borough of Kensington and Chelsea - weerspieël die anglofiele houding van sy stigter, Max Langermann, 'nJoodse immigrant uitDuitsland en boorling van Floss inBeiere nie, maar daar is ook nie minder as 83 strate wat na Britse oorlogskepe vernoem is nie - naas straatname soos Langermann Drive wat aan die stigter herinner.[3]

Die voorstad is die tuiste van dieHoër Seun- en Meisieskool Jeppe,[4][5] die Sekondêre Skool Kensington (tot 1992 die Afrikaansmedium Hoërskool Kensington), asook laerskole soos Leicester Road, Kensington (eens dieAfrikaansmediumLaerskool Kensington), Sir Edmund Hillary (albei op die grens metBezuidenhoutsvallei), Kensington Ridge en Eastgate. Die Hoërskool Malvern is geleë op die grens tussen Kensington enMalvern. Die privaat skool Glen Oaks vir kinders met leerprobleme is geleë in Robertslaan.[6] Al dié skole se onderrigmedium isEngels.

Fotogalery

[wysig |wysig bron]
Kensington, Johannesburg
Derbyweg in Kensington.
Derbyweg in Kensington.
Derbyweg in Kensington. 
Scottish Horse-gedenkteken in Kensington.
Scottish Horse-gedenkteken in Kensington.
Die uitsig vanaf die Scottish Horse-gedenkteken op Kensington (voorgrond) en Bezuidenhoutsvallei (middelgrond).
Die uitsig vanaf die Scottish Horse-gedenkteken op Kensington (voorgrond) enBezuidenhoutsvallei (middelgrond).
Die uitsig vanaf die Scottish Horse-gedenkteken op Kensington (voorgrond) enBezuidenhoutsvallei (middelgrond). 
Water- en radiotoring op Langermannskop, asook die bouval van die ou Langermann-hotel.
Water- en radiotoring op Langermannskop, asook die bouval van die ou Langermann-hotel.
Water- en radiotoring op Langermannskop, asook die bouval van die ou Langermann-hotel. 
Op hierdie straatkaart van Johannesburg van 1929 was Kenington die stad se mees oostelike voorstad.
Op hierdie straatkaart van Johannesburg van 1929 was Kenington die stad se mees oostelike voorstad.
Op hierdie straatkaart van Johannesburg van 1929 was Kenington die stad se mees oostelike voorstad. 
Die Kensington-sanatorium. Die argitek John Francis Beardwood het dié gebou ontwerp vir die inrigting wat die Sisters of the Holy Family in 1905 gestig het. Dit staan nog, hoewel dit met die jare vergroot is.[7]
Die Kensington-sanatorium. Die argitekJohn Francis Beardwood het dié gebou ontwerp vir die inrigting wat die Sisters of the Holy Family in 1905 gestig het. Dit staan nog, hoewel dit met die jare vergroot is.[7]
Die Kensington-sanatorium. Die argitekJohn Francis Beardwood het dié gebou ontwerp vir die inrigting wat die Sisters of the Holy Family in 1905 gestig het. Dit staan nog, hoewel dit met die jare vergroot is.[7]  

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3"Subplek Kensington".Sensus 2011.
  2. (en)SA-Venues se beskrywing van Kensington. URL besoek op 4 November 2017.
  3. "City of Johannesburg, 2 November 2011: Joburg's village in the city. Besoek op 19 Junie 2017". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 1 Junie 2017. Besoek op19 Junie 2017.
  4. (en)Die Hoër Seunskool Jeppe se webtuiste. URL besoek op 4 November 2017.
  5. (en)Die Hoër Meisieskool Jeppe se webtuiste. URL besoek op 4 November 2017.
  6. (en)Die skool se webtuiste. URL besoek op 4 November 2017.
  7. (en)Johannesburg 1912. URL besoek op 5 November 2017.

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Voorstede vanJohannesburg
Streek A
Streek B
Albertskroon ·Albertville ·Albertsville ·Aldara Park ·Amalgam ·Auckland Park ·Berario ·Beverley Gardens ·Blackheath ·Blairgowrie ·Bordeaux ·Bosmont ·Brixton ·Bryanbrink ·Bryanston-Wes ·Claremont ·Coronationville ·Country Life Park ·Cowdray Park ·Craighall ·Craighall Park ·Cramerview ·Cresta ·Crown ·Daniel Brinkpark ·Darrenwood ·Dunkeld ·Dunkeld-Wes ·Emmarentia ·Ferndale ·Florida Glen ·Fontainebleau ·Forest Town ·Franklin Roosevelt Park ·Glenadrienne ·Gleniffer ·Greenside ·Greymont ·Hurlingham Gardens ·Hurst Hill ·Hyde Park ·Industria ·Jan Hofmeyr ·Kensington B ·Linden ·Longdale ·Lyme Park ·Malanshof ·Martindale ·Melville ·Mill Hill ·Montclare ·Montgomery Park ·Montroux ·New Brighton ·Newclare ·Newlands ·Northcliff ·Oerderpark ·Parkhurst ·Parkmore ·Parktown-Noord ·Parkview ·Praegville ·Presidentrif ·Randburg ·Randpark ·Randparkrif ·Richmond ·Risidale ·Riverlea ·Rossmore ·Rosebank ·Ruiterhof ·Sandhurst ·Solridge ·Sophiatown ·Strijdompark ·Vandia Grove ·Victory Park ·Vrededorp ·Waterval Estate ·Westbury ·Westcliff ·Westdene ·Willowild
Streek C
Streek D
Streek E
Abbotsford ·Alexandra ·Atholhurst ·Atholl ·Atholl Gardens ·Bagleyston ·Benmore Gardens ·Birdhaven ·Birnam ·Bramley ·Bramley-Noord ·Bramley Park ·Bruma ·Bryanston ·Cheltondale ·Chislehurston ·Cyrildene ·Dennehof ·Dewetshof ·Edenburg ·Elton Hill ·Epsom Downs ·Fairway ·Fairwood ·Fellside ·Forbesdale ·Fourways ·Gallo Manor ·Glenhazel ·Greenstone Hill ·Gresswold ·Hawkins Estate ·Highlands-Noord ·Houghton Estate ·Hurl Park ·Illovo ·Inanda ·Kentview ·Kew ·Killarney ·Klevehill Park ·Linksfield ·Littlefillan ·Lone Hill ·Lyndhurst ·Magaliessig ·Marlboro ·Marlboro Gardens ·Maryvale ·Melrose ·Melrose Estate ·Melrose-Noord ·Morningside ·Morningside Manor ·Mountain View ·Norwood ·Oaklands ·Orange Grove ·Orchards ·Parkwood ·Percelia Estate ·Petervale ·Raedene Estate ·Raumarais Park ·River Club ·Riviera ·Rivonia ·Rouxville, Johannesburg ·Sandown ·Sandton ·Savoy Estate ·Saxonwold ·Simba ·Strathavon ·Sunningdale ·Sunningdale Ridge ·Sunset Acres ·Sydenham ·Talboton ·The Gardens ·Victoria ·Waverley ·Wierda Valley ·Winston Ridge ·Woodlands ·Woodmead ·Wynberg
Streek F
Aeroton ·Alan Manor ·Alveda ·Bassonia ·Belgravia ·Bellevue ·Bellevue-Oos ·Benrose ·Berea ·Bertrams ·Bezuidenhoutsvallei ·Booysens ·Braamfontein ·City Deep ·City and Suburban ·Cleveden ·Denver ·Cleveland ·Cottesloe ·Crosby ·Crown Gardens ·Doornfontein ·Droste Park ·Elandspark ·Elcedes ·Electron ·Elladoone ·Evans Park ·Fairview ·Ferreirasdorp ·Fietas ·Fordsburg ·Forest Hill ·Framton ·George Goch ·Gillview ·Glenanda ·Glenesk ·Glenvista ·Haddon ·Heriotdale ·Highlands ·Hillbrow ·Homestead Park ·Houghton Estate (gedeelte) ·Jeppestown ·Johannesburg ·Joubertpark ·Judith's Paarl ·Kenilworth ·Kensington ·Kibler Park ·Klipriviersberg ·Klipriviersberg Estate ·Lakeview ·Langlaagte-Noord ·La Rochelle ·Liefde en Vrede ·Lindberg Park ·Linmeyer ·Lorentzville ·Malvern ·Marshalltown ·Mayfair ·Mayfair-Wes ·Mayfield Park ·Meredale ·Moffat View ·Mondeor ·Mulbarton ·Nasrec ·New Centre ·Newtown ·Nieu-Doornfontein ·Oakdene ·Observatory ·Ophirton ·Ormonde ·Paarlshoop ·Pageview ·Park Central ·Parktown ·Prolecon ·Randview ·Regents Park ·Reuven ·Rewlatch ·Reynolds View ·Ridgeway ·Riepenpark ·Risana ·Rispark ·Robertsham ·Roseacre ·Rosettenville ·Salisbury Claims ·Selby ·Southdale ·Southfork ·Southgate ·Spes Bona ·Springfield ·Stafford ·Steeledale ·Suideroord ·Suidheuwels ·Sunnyside ·The Gables ·The Hill ·Theta ·Towerby ·Townsview ·Troyeville ·Tulisa Park ·Turf Club ·Turffontein ·Unigray ·Village Deep ·Village Main ·Wanderers View ·Wemmer ·Westgate ·Wolhuter ·Yeoville
Streek G
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kensington,_Johannesburg&oldid=2632214"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp