'n Termometer wat in albei kelvins en grade Celsius gekalibreer is.
Diekelvin (simbool:K) is dieSI-eenheid vantemperatuur en is een van die seweSI-basiseenhede. Dit word gedefinieer as 'n 1/273,16 fraksie van dietermodinamiese temperatuur van dietrippelpunt vanwater. 'n Temperatuur wat in kelvin sonder enige voorbehoud aangedui word, word gemeet ten opsigte vanabsolute nul waar die molekulêre beweging ophou. Dit is ook algemene praktyk om 'n temperatuur relatief tot 'n verwysingstemperatuur van 273,15 K aan te dui, wat ongeveer ooreenstem met diesmeltpunt van water onder normale toestande; hierdie konvensie is dieCelsius-temperatuurskaal.
Die kelvin is vernoem na die Britse fisikus en ingenieurWilliam Thomson, wat later na hy tot die adelstand verhef is, as Lord Kelvin bekend gestaan het.
Die woordkelvin as 'n SI-eenheid word met 'n kleinletterk geskryf (tensy dit aan die begin van 'n sin voorkom), en word anders asFahrenheit ofCelsius nooit voorafgegaan deur die woordegraad,grade of die simbool ° nie. Die simbool vir kelvin is altyd die hoofletter K en word nooit in skuinsskrif gedruk nie. Daar moet 'n spasie tussen die getal en die K kom soos met alleSI-eenhede.
Unicode sluit die "kelvin-teken" onder die kode U+212A in (in die huidige skrif vertoon dit so: Κ teenoor die gewone alfabetletter: K). Die kelvin-teken behoort bietjie langer te wees as die gewone K. Dit is egter moontlik dat die karakter nie op alle rekenaars beskikbaar is nie. Dit is dus beter om 'n gewone K tebruik ter wille van leesbaarheid vir die grootste gehoor.
Die energie wat deur partikels in 'ntermodinamiese stelsel gedra word is eweredig aan die absolute temperatuur, waar die eweredigheidskonstante dieKonstante van Boltzmann is. Dit is gevolglik moontlik om die energie van partikels by 'n sekere temperatuur te bereken of om andersom die temperatuur van partikels met 'n sekere energie te bepaal.