Kazan (Russies: Каза́нь, [kɐˈzanʲ];Tartaars: Казан,Qazan) is 'n stad inRusland en diehoofstad van die RepubliekTatarstan. Kazan is by die samevloei van dieWolga- enKazankarivier en sowat 800 km oos vanMoskou in die Europese gedeelte van Rusland geleë. Die stad het 'n bevolking van 1,2 miljoen (van wie sowat die helfte etniese Russiese is) en is die agste grootste in die Russiese Federasie. Kazan is tweetalig – met Russies en Tartaars as amps- en omgangstale.
DieKazanse Kremlin troon bo die KazankarivierWinter in KazanKremlefskaja-metrostasieUitsig oor Kazan, soos gesien vanaf die Riviera HotelDie moderne sportstadionTatNeft ArenaUitsig oor die Innopolis-universiteitskampus en die Swijaga-rivierWoonstelgeboue in InnopolisKazan se IT-sektor is aantreklik genoeg vir klein groen mannetjies soos hierdie een in Baumana-straat
Kazan se geskiedenis strek terug tot in die 11de eeu – 1005 word amptelik as stigtingsdatum beskou. Die oudste historiese dokument, waarin na die stad met die destydse naam Bulgar-Dzadid verwys word, dateer van 1177. Tussen die 10de en 13de eeu het in Tatarstan 'n ryk met hoogs ontwikkelde ambagte, landbou en handel langs die Syroete en Wolga-waterweg bestaan – Wolga-Bulgarye. Die Wolgaroete het die noorde van Rusland met die Kaspiese See verbind.
Die Wolga-Bulgaarse Ryk is in 1236 deur Batoe Khan, die grootseun van die legendarieseDjengis Khan, en sy Goue Horde verower. In 1445 is die multi-etniese Kazanse Khanaat met Kazan as hoofstad gestig. Kazan is in 1552 deur die Russiese tsaarIwan IV verower en as eerste nie-Russiese stad by Rusland ingelyf.[1] DieKazanse Kremlin – 'n steengebou wat 'n ouer Tartaarse houtvesting vervang het – dateer uit hierdie tydperk. Die verowering van Kazan was die historiese beginpunt van Rusland se ooswaartse uitbreiding na Siberië. Ter geleentheid van die militêre oorwinning in Kazan is die MoskouseSint Basilius-katedraal opgerig.
Kazan is die geestelike sentrum van dieIslamitiese godsdiens in Rusland; so is hier in 1999 die eerste Islamitiese universiteit in Rusland geopen. Kazan is daarnaas 'n beduidende nywerheidsentrum, met masjien- en skeepsboubou, lugvaart-tegnologie, chemie, petrochemie (ruolie word in Tatarstan ontgin) en die motorbedryf as belangrikste ekonomiese sektore. Die toerismesektor is eweneens hoogs ontwikkel. Naas Moskou enSint Petersburg is Kazan een van die meesbesoekte stede in Rusland, ook danksy die gewildheid vanplesierbootvaarte op die Wolga.
Toerisme in Kazan het tans nog 'n sterk binnelandse karakter. Intussen bied die RussieselugrederyAeroflot regstreekse vlugte van belangrike Europese metropole en lugspilpunte soosFrankfurt am Main na Kazan aan. Die getal besoekers het van 1,7 miljoen in 2015 gestyg tot 2,5 miljoen in 2016.
Daarnaas speel inligtingstegnologie 'n belangrike rol. Buite Kazan het met Innopolis 'n futuristiese tegnologiepark en -stad ontstaan wat vir 'n bevolking van 155 000 bepan is – onder wie 60 000 IT-spesialiste. In Innopolis sal volgens die Russiese regering se ekonomiese kernbeleid van digitalisering tegnologiese innovasies ontwikkel word. Die Innopolis-universiteitskampus, wat in 2012 gestig is, is een van die moderne sentra vir navorsing.[2]
Die hoofstad Kazan en die hele Tatarstan staan vir die vreedsame samelewing vanChristene enMoslems bekend.[3][4][5] Die stad vorm een van die spilpunte van Rusland se vervoernetwerk.