Kathleen McGowan is 'nAmerikaanse skryfster wat met haar romanreeksThe Magdalene Line internasionale sukses behaal het. Haar boeke is al in vyftien tale vertaal.
McGowan, 'n boorling vanHollywood,Kalifornië, het op die ouderdom van 21 as verslaggeefster naNoord-Ierland gegaan en in die volgende jare reise na die vasteland vanEuropa en die Nabye Ooste onderneem. Ná haar terugkeer na die Verenigde State was sy onder meer as hoofredakteur vir dieIrish News en dieWalt Disney Corporation werksaam. Sy het haarself daarnaas ook as draaiboekskryfster bekwaam en is tans besig met 'n dokumentêr oor haar reise.
McGowan woon met haar eggenoot, dieIerse sanger en liedjieskrywer Peter McGowan, en hulle drie seuns inLos Angeles.
The Magdalene Line is 'n romanreeks waarin fiktiewe en historiese vroulike karakters figureer wat volgens McGowan in die geskiedenis valslik uitgebeeld of selfs uitgewis is.
Kathleen McGowan het in1989 met die navorsing en skryfwerk vir haar eerste romanThe Expected One begin het. Sy het die boek in2005 self gepubliseer en 2 500 eksemplare verkoop. Die roman is op25 Julie2006 deur die Amerikaanse uitgewerySimon & Schuster se etiketTouchstone geherpubliseer.
The Book of Love is die tweede roman in die reeks wat in2009 verskyn het en oor die lewe van Sint Mathilda van Canossa handel. Een jaar later het die derde roman,The Poet Prince, oor die lewe van Lorenzo de Medici gevolg.
Maureen Paschal, 'n jong Amerikaansejoernalis wat beweerde historiese of Christelike raaisels oplos, is die fiktiewe sentrale karakter in alle romans. Ander fiktiewe romanfigure is Berenger Sinclair en Tamara Wisdom, net soos die raaiselagtige karakter Destino.
The Source of Miracles is 'n selfhelpboek wat op Christelike gebede baseer en vir die leser die moontlikheid bied om sy lewe in sewe stappe te verander. Dié proses baseer op die sesblarige roos wat in die sentrum van die doolhof in die katedraal van Chartres,Frankryk uitgebeeld is.