Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kasjoebies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
 
Kasjoebies
kaszëbsczi
Gepraat in:Vlag van Pole Pole 
Gebied:Pommere
Totale sprekers:50 000
Taalfamilie:Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Lechities
    Kasjoebies 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:
Gereguleer deur:Instituut vir Kasjoebies
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NENie bedreig nie
Dit is 'nerg bedreigde taal volgens dieUNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale
Taalkodes
ISO 639-1:csb
ISO 639-2:csb
ISO 639-3:csb 
Verspreiding van Kasjoebies
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Kasjoebies (kaszëbsczi jãzëk,pòmòrsczi jãzëk,kaszëbskò-słowińskô mòwa;Pools:język kaszubski,język pomorski,język kaszubsko-słowiński) is 'nWes-Slawiese taal, wat in die ooste vanPommere (Kasjoebies:Pòmòrskô,Pòmòrze), tussenSłupsk enGdańsk inNoord-Pole gepraat word. Hulle taal is die voortsetting van die Elbe- en Oosseeslawies, wat vroeër tot inNedersakse gepraat is, maar waarvan die westelike variant,Polabies in die sewentiende eeu uitgesterf het.

Die aantal mense, wat Kasjoebies as omgangstaal gebruik, word op sowat 50 000 beraam, tog beskou meer as 100 000 inwoners van Oos-Pommere hulself as etniese Kasjoebe.[1] Die oorgrote meerderheid praat 'n Poolse dialek en glad nie Kasjoebies nie. Die meeste sprekers van Kasjoebies woon op die platteland, maar die belangrikste kulturele instellings van die Kasjoebiese gemeenskap bevind hulle inGdańsk (DuitsDanzig).Daar is 'n Kasjoebiese emigrantegemeenskap inKanada.

Vanweë sy nou verwantskap metPools is Kasjoebies van Poolse kant af tot onlangs as Poolse dialek beskou. Eers met die Poolse Wet oor Minderhede is Kasjoebies in 2005 amptelik as minderheidstaal erken. Nogtans word Kasjoebies volgens dieEndangered Languages of Europe Report met uitsterwing gedreig.[2]

Sedert April2004 bestaan daar 'nKasjoebiese Wikipedia.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. ethnologue.com
  2. UNESCO Red Book on Endangered Languages: Europe

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
SienKasjoebies in Wiktionary, die vrye woordeboek.
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerusWikipedia se uitgawe inKasjoebies


Indo-Europese tale:Satem-tale:Slawiese tale
Wes-Slawiese tale:
Kasjoebies |Polabies (†) |Pools |Slowaaks |Silesies |Sorbies (Neder-Sorbies,Opper-Sorbies) |Rusyn (Rusnak) |Tsjeggies
Oos-Slawiese tale:
Oud-Oos-Slawies (†) |Oekraïens |Russies |Rusyn (Roeteens) |Belarussies
Suid-Slawiese tale:
Bulgaars |Masedonies |Sloweens |Serwo-Kroaties (Bosnies,Kroaties,Montenegryns,Serwies)
Kunsmatige tale:
Protoslawies |Kerkslawies (Ou Kerkslawies) |Interslawies
Vlag van Pole Tale vanPole
Amptelike taal
Minderheidstale
Erken
Onerken
Gebaretale
  • Poolse Gebaretaal
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kasjoebies&oldid=2849231"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp