Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wes-Indië

Koördinate:21°59′N79°2′W / 21.983°N 79.033°W /21.983; -79.033
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafKaribiese eilande)
Wes-Indië
Ligging van Wes-Indië ten opsigte van die Amerikas
Ligging van Wes-Indië ten opsigte van die Amerikas
Geografie

LiggingAtlantiese Oseaan,Karibiese See,Golf van Meksiko
Koördinate21°59′N79°2′W / 21.983°N 79.033°W /21.983; -79.033

Totale eilandemeer as 100
HoofeilandeBahamas,Groot enKlein Antille
Oppervlakte234 325vk km

Administrasie
Sien teks.

Demografie
Bevolking39 156 084

Wes-Indië, dikwels ook dieWes-Indiese Eilande ofKaribiese Eilande genoem, is 'neilandboog tussen dieKaribiese See en dieAtlantiese Oseaan. Inkrieket word Wes-Indië deur dieWes-Indiese nasionale krieketspan verteenwoordig, een van die sterkste nasionale krieketspanne wêreldwyd, wat ook spelers vanGuyana inSuid-Amerika insluit. Wes-Indië het vir amper elkekrieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer en ook die eerste twee toernooie (in1975 en1979) gewen, terwyl hulle slegs dieKrieketwêreldbeker 2023 misgeloop het. DieKrieketwêreldbeker 2007 is vir die eerste keer in agt Wes-Indiese eilandstate beslis en deur die verdedigende kampioenAustralië gewen. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan kon ook dieKampioenetrofee 2004 en dieo/19-krieketwêreldbeker 2016 inpalm. Daarbenewens het Wes-Indië dieT20I-wêreldbeker 2010 aangebied en dieT20I-wêreldbekertoernooie in2012 en2016 gewen. Hulle het saam met dieVerenigde State ook dieT20I-wêreldbeker 2024 aangebied.[1]

Vlag van die Wes-Indiese Krieketraad en -span sedert 1999
Vlag van die Wes-Indiese Krieketraad en -span tot 1999

Die Karibiese Eilande sluit al die eilande in wat in die Karibiese See, tussenNoord- enSuid-Amerika, lê.Kuba is die verste wes in die eilandgordel enBarbados die verste oos. Die grootste eilande, van wes na oos, is Kuba,Jamaika,Hispaniola (Haïti en dieDominikaanse Republiek) enPuerto Rico.

Die eilande vorm saam dieGroot Antille. DieBahamas vorm 'n noordelike uitloper van die eilandgordel, terwyl dieKlein Antille ('n versamelnaam vir die Benedewindse en Bowindse eilande) 'n suidelike uitloper is.

Tussen Puerto Rico en die Klein Antille lê 'n groepie eilande, dieBritse Maagde-eilande, terwyl Barbados,Trinidad en Tobago, dieVenezuela-eilande,Aruba,Curaçao enBonaire teen die kuslyn van Suid-Amerika geleë is. Sommige eilande, soos Jamaika, Trinidad en Tobago, Barbados, die Bahamas enDominica ('n eiland van die Klein Antille), is onafhanklike lede van dieBritse Gemenebes,Guadeloupe (Klein Antille) enMartinique (Klein Antille) isoorsese gebiede vanFrankryk, terwyl Puerto Rico en enkele van dieAmerikaanse Maagde-eilande onder die gesag van dieVerenigde State staan.

Sommige van die Klein Antille-eilande is oorsese gebiede vanNederland. Die Karibiese Eilande lê in 'n tropiese klimaatstreek, tussen 12 en 26° NB, en die klimaat word deur die Karibiese Eilande Noordoos-passaat oorheers. Die Karibiese See is 'n warm see met twee belangrike strome, dieAntillestroom in die noorde en dieKaribiese stroom in die suide. Die Karibiese Eilande het 'n droë en 'n nat seisoen: die meestereën val in diesomer en die minste in diewinter. Gedurende dielente enherfs is dieklimaat onaangenaam omdat dit baie warm en diehumiditeit hoog is.

Die oorspronklike bewoners van die Karibiese Eilande wasIndiane, maar hulle getalle het sterk afgeneem sedert die kolonisasie van die eilande. Saam met die koloniste hetslawe uitWes-Afrika na die eilande gekom om op die plantasies te werk. Vandag is die Swart bevolking in die meerderheid. Voorts bestaan die bevolking uit immigrante uit dieMidde-Ooste (meestal handelaars) en 'n klein groepieJode wat vanPortugal na die eilande geïmmigreer het.

Die Blankes vorm sosio-ekonomies steeds die bolaag van die bevolking, hoewel hulle verreweg in die minderheid is. Suikerriet is die eilande se belangrikste produk. Ander belangrikelandbouprodukte istabak (Kuba),koffie (Haïti en Dominikaanse Republiek),piesangs (Puerto Rico en Jamaika),sitrusvrugte (Trinidad en Tobago) enpalmolie (Barbados). Die grootste deel van die eilande se opbrengs beland egter uiteindelik in die buiteland omdat die plantasies deur buitelandse ondernemings bedryf word.

Geografie

[wysig |wysig bron]
Die eksklusiewe ekonomiese sone in Wes-Indië

Die eilandboog word verdeel in die volgende eilandgroepe:

BahamasAlhoewel die Bahamas in geografiese opsig in dieAtlantiese Oseaan geleë is, word hulle nogtans by die Karibiese Seegebied gereken.
Turks- en CaicoseilandeAlhoewel die Turks- en Caicoseilande in geografiese opsig in dieAtlantiese Oseaan geleë is, word hulle nogtans by die Karibiese Seegebied gereken.
Groot AntilleKuba,Jamaika,Hispaniola,Kaaimanseilande enPuerto Rico
Klein AntilleDie Klein Antille word verder verdeel in dieBowindse Eilande (Maagde-eilande vanafGrenada) en dieBenedewindse Eilande (Isla Margarita totAruba).

Naam

[wysig |wysig bron]
Die "Indies" van die wêreld:

   Oos-Indië (Maleise Argipel enIndo-China)

   Indië (Indiese subkontinent enMianmar)

   Wes-Nieu-Guinee

   Wes-Indië

   Lande wat soms as deel van Wes-Indië beskou word

Herman Moll:A Map of the West-Indies, 1736

Die benamingWes-Indiese Eilande gaan terug op 'n historiese vergissing. Die vroeë ontdekkingsreisigers en veroweraars soosChristophorus Columbus was eintlik van voorneme om Indië, dieChinese Keiserryk (destyds ookCathay genoem) ofJapan (Cipangu) op die westelike seeroete te bereik en het nie verwag dat hulle 'n nuwe vasteland sou ontdek wat destyds in Europa nog onbekend was nie. Die eilandnaam Antille is dan ook van dieLatynseante ilium ("eilande net voor die kus") afgelei, dus die eilande voor die Sentraal-Amerikaanse kus.

DieEngelssprekende deel van die Wes-Indiese Eilande staan ook bekend as Britse Wes-Indiese Eilande (British West Indies).

Lande en gebiede volgens argipel

[wysig |wysig bron]

Groot Antille

[wysig |wysig bron]
Nasa-Satellietbeeld van Wes-Indië
Ligging van Wes-Indië in die Amerikas
Kaart van Wes-Indië
Lande van Wes-Indië

Klein Antille

[wysig |wysig bron]

Lucayan-argipel

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Nagraj Gollapudi (16 November 2021)."USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op16 November 2021.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • (en) Rosanne Adderly, "West Indies," in Encyclopedia of Contemporary Latin American and Caribbean Cultures, Volume 1: A-D (London and New York: Routledge, 2000): 1584.
  • Wêreldspektrum, 1982,ISBN 0-908409-54-0

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Gebiede van die Wêreld
Afrika
Amerikas
Eurasië
Oseanië
Poolgebiede
NormdataEdit this at Wikidata

21°59′N79°2′W / 21.983°N 79.033°W /21.983; -79.033

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wes-Indië&oldid=2738612"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp