Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Karibadam

Koördinate:16°31′18″S28°45′41″O / 16.52167°S 28.76139°O /-16.52167; 28.76139
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Karibadam
Die dam, soos vanaf Zimbabwe gesien.
Die dam, soos vanaf Zimbabwe gesien.
Amptelike naamKaribadam
Ligging
Provinsie/LandZambië,Zimbabwe
Koördinate16°31′18″S28°45′41″O / 16.52167°S 28.76139°O /-16.52167; 28.76139
Dam inZambezirivier
Konstruksie begin1955
Openingsdatum1959
KonstruksiekosteVS$480 miljoen
EienaarZambezi River Authority
Soort damBoog-gravitasiedam
Hoogte van wal128 m (420 voet)
Lengte van wal579 m (1 900 voet)
Bakmaat180 km3
ReservoirKaribameer
Opvanggebied663 000 km2
Damoppervlak5 400 km2
Geïnstalleerde kapasiteit1 319 MW
Jaarlikse opwekking6 400 GWh
Konstruksie van die dam in die 1950's.
Konstruksie in die 1950's.

DieKaribadam is 'n dam in dieZambezirivier op die grens vanZambië enZimbabwe. Die dam is gedurende1959 voltooi nadat daar met die projek in1955 begin is. Tydens voltooiing was die dam die grootste mensgemaakte meer ter wêreld.

Die meer

[wysig |wysig bron]

Die meer se oppervlakte beslaan 5 200 km2 en is 280 km lank tot by Devil's Gorge en het 'n maksimum breedte van 48 km. Die meer het 'n opgaarvermoë van 180,6 km3.

Die wal

[wysig |wysig bron]

Die wal se kruin is 579 m lank, 128 m hoog en die basis is 245  m dik. Daar is ses sluise in die wal en tweehidroëlektriese skemas wat gesamentlik 1 600MW lewer.

Algemeen

[wysig |wysig bron]

Daar is 50 000 van die plaaslike bevolking hervestig tydens die projek omrede hulle wonings onder water was en 7 000 diere is hervestig tydensOperasie Noag.Tiervis is 'n gewilde sportvis en 'n belangrike kommersiëleeetvis in die Karibadam.

Watervaring

[wysig |wysig bron]

Diewatervaring (Salvinia molesta) is 'n indringerplant wat 'n plaag was op die meer en het gedurende sy hoogtepunt in1962 22% van die oppervlakte van die meer bedek. Dit was veral 'n groot bedreiging vir die visbedryf. Die plaag is gedurende 1980 finaal uitgewis deur 'n kombinasie van natuurlike winde en golfbeweging en die bekendstelling van 'n onkruidvretendesprinkaan. Die waterhiasint (Pontederia crassipes) het egter sedertdien ook 'n plaag geword.

Dompelpoelskade

[wysig |wysig bron]

Gedurende Maart 2010 is krake in die damwal opgemerk toe meer sluise as gewoonlik oopgemaak moes word. Na verdere ondersoek is daar vasgestel dat die dompelpoel onder die damwal tot 90 meter diep weggekalwe is en dat voortgesette erosie die poelwand terugsny na die damwal. Hierdie proses erodeer dus die fondament van die damwal. Die dompelpoel is die diep poel onder die damwal waarin die water beland as die sluise oopgemaak word. Om die proses te stop moet die dompelpoel opgevul en die fondasie herstel en versterk word. Die herstelwerk sal tot ses jaar duur en sal ongeveer R 2,7 miljard kos. Indien niks gedoen word nie kan die damwal binne drie jaar meegee. Restourasiewerk sou gedurende September 2014 begin.[1]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bron

[wysig |wysig bron]
  • Die Karibameer. Huisgenoot, 8 Februarie 2018.
Wikimedia Commons bevat media in verband metKariba Dam.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 'n Plan beraam om die dam te red. Rapport. 30 Maart 2014
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Karibadam&oldid=2724800"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp