Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Karelies (karjala,karjal orkariela) is 'ntaal wat inKarelië deur 118 000 mense gepraat word. Karelies behoort tot die Oosseefinse tak van dieFins-Oegriese tale, wat een van die twee subfamilies van dieOeraalse tale verteenwoordig. Karelies word in dieRussiese deelrepubiekKarelië en deur omtrent 5000 mense inFinland gepraat.
Verspreiding van Kareliese dialekte
Karelies is nou verwant aanFins en dit word nie altyd as 'n aparte taal gesien nie. Die twee tale segrammatika is identies en dit verskil hoofsaaklik in woordeskat en uitspraak. Karelies beskik oor die klanke "z", "sh" en "zh" terwyl die klanke in Fins gereduseer is na "s". Fins is sterk deurSweeds beïnvloed as gevolg van die lang geskiedenis wat dit as Sweedse besitting gehad terwyl Karlies reeds lank in die Russiese sfeer is en dus meerRussiese leenwoorde insluit[4] en op ander maniere deur Russies beïnvloed is.[5] Westelike Kareliesedialekte kan nouliks van oostelike Finse dialekte onderskei word.[4] Karelies word dus as 'n taal apart van Fins besou eerder om geopolitiese redes as taalkundige oorweginge.[6]
Onder die Finse tale het Karelies die onderskeid dat die oudste geskrewe vorm van Fins daarin geskryf is, wat terug dateer na die13de eeu. Dit bestaan uit 'n drie-lyn teksfragment op 'n strook boombas wat in 1957 tydens argeologiese opgrawings inNowgorod ontdek is. Ironies genoeg is daar, anders as in die geval van Fins, egter steeds geen Kareliese standaardtaal en gepaardgaandeortografie nie.
↑4,04,1Rein Taagepera, The Finno-Ugric Republics and the Russian State, Uitgegee deur C. Hurst & Co. Publishers, 1999,ISBN 1-85065-293-7, 9781850652939, bl. 110
↑Östen Dahl, Past and Present, The role of language contact in the formation of Karelian past, Uitgegee deur John Benjamins Publishing Company, 2001ISBN 90-272-3057-9, 9789027230577, bl. 258