Die oppervlak van die republiek is 180 500 km². Die hoofstad van die Russiese deelrepubleik isPetrozawodsk. Ander groot stede sluit in: Kostomoeksja, Sortiwala en Kondopoga. Die bevolking beloop in 2003 ongeveer 716 000, waarvan 73,6%Russe, 10% Kareliërs, 7%Wit-Russe, 3,6%Oekraïners, 2,3%Finne en 0,8% Wepse. NaasRussies word ookKarelies,Fins enWepsies gepraat. Daar bestaan ook dagblaaie en radiostasies wat Karelies, Fins en Wepsies gebruik. Binne Karelië self het die Wepse 'n eie outonome gebied, naamlikWepsskaja Volost.
Karelië is grotendeels met dennebosse bedek, ongeveer 49% van die oppervlak. Daar is ook heelwatmere, wat 25% van die oppervlak bedek. Die twee grootste mere is dieLadogameer en dieOnegameer.
Die belangrikste dele van die ekonomie van Karelië is bosbou, visbedryf, papierbedryf en houtbewerking. Masjienvervaardiging en metallurgie is ook verteenwoordig.
Karelië is 'n toeriste-aantreklikheid in Rusland, as gevolg van die omgewing se natuurskoon[1]. Daar is ook 'n interessante opelugmuseum vir tradisionele boukuns. Die museum heetKizji en is geleë op 'n eiland met dieselfde naam in die Onegameer.
Van1940 tot1956 het Karelië onder die naam Karelo-Finse Sowjet Sosialistiese Republiek (SSR) die status van Unierepubliek van dieSowjetunie. In 1956 word Karelië 'n Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek (ASSR). Met dié naam en laer status gee die Sowjetunie by implikasie sy aansprake op Finland op.