Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Karatsji

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Karatsji
کراچی • ڪراچي

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Pakistan Pakistan
 ProvinsieSindh
 Koördinate24°51′N67°00′O / 24.850°N 67.000°O /24.850; 67.000
 Stigting (eerste verwysing)1742
 Oppervlakte: 
 - Totaal3 527vk km[1]
 Hoogte bo seevlak8 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2017)14 916 456[2]
 - Bevolkingsdigtheid6 662,9/vk km
 TydsoneUTC+5
 BurgemeesterMurtaza Wahab
 Amptelike webwerfkarackmc.gos.pk

Karatsji (Engels:Karachi,Sindhi: ڪراچي,Oerdoe: کراچیKarācī [kəˈrɑːˌtʃi]) is met 'n bevolking van 23 500 000 in 2013 die grootste stad vanPakistan asook van dieIslamitiese wêreld en die tweede grootste stad ter wêreld na dieChinese stadShanghai. Dit is die belangrikste seehawe en finansiële sentrum van die land. Karatsji het tot die stigting vanIslamabad in 1960 ashoofstad van Pakistan gedien.

Nasa-satellietbeeld van Karatsji

Daar is die eerste keer na Karatsji verwys in 'nNederlandse dokument in 1742. DieBritse Oos-Indiese Kompanjie het die stad in 1839 van dieMogolryk verower en in 1843 by dieBritse gebiede Sindh as hoofstad ingelyf. Met die stigting vanBrits-Indië in 1858 het Karatsji deel van die Britse Kroonkolonie geword en 'n smeltkroes van kulture gevorm. Met die onafhanklikheidwording van Pakistan in 1947 het dié stad die hoofstad van dié land geword.

Karatsji is net noord van dieIndusdelta, Pakistan se grootste en belangriksterivier, aan dieIndiese Oseaan (Arabiese See) geleë.

Karatsji was een van die gasheerstede tydens diekrieketwêreldbekertoernooie in1987 en1996 asook dieKampioenetrofee 2025.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Geography & Demography". City District Government of Karachi. Besoek op22 Augustus 2010.[dooie skakel]
  2. (en)"Population explosion: Put an embargo on industrialisation in Karachi". tribune.com.pk. 6 Oktober 2013.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op17 Januarie 2014.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Karatsji&oldid=2746739"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp