Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Karakalpaks (Qaraqalpaq tili, Қарақалпақ тили, قاراقالپاق تىلى) is 'nTurkiese taal wat deur sowat 584 670 mense inOesbekistan,Kasakstan enTurkmenistan gepraat word. Dit is die tweede mees verspreidetaal van Oesbekistan naasOesbekies en vorm dieamptelike taal van die outonome republiekKarakalpakië in Oesbekistan.[2] Karakalpaks is nou verwant aanKasaks enKirgisies. Die naamQaraqalpaq is afgelei van twee woorde:qara beteken "swart" enqalpaq "hoed"; Karakalpak beteken dus "swart hoed" en verwys na dieKarakalpakke se tradisionele hoofbedekking.[3]
In 1924 het Karakalpaks 'n aparte skriftaal met 'n gemodifiseerdeArabiese alfabet geword. Maar reeds in 1927 is dit deur die "eenvormige Turkse alfabet" vervang. Met die instelling van 'n algemeneRussiesonderwys is dit weer deur dieCyrilliese alfabet vervang. Na die verbrokkeling van dieSowjetunie aan die begin van die 1990's het die regerings van dieSentraal-Asiatiese lande met Turkiese tale die amptelike gebruik van die nuwe Turks-Latynse alfabet besluit. Die weergawe vir Karakalpaks is in 1997 bekendgestel, maar gebruik in teenstelling metTurks nie die algemene diakritiese tekens nie en stem ooreen met dié weergawe vir Oesbeks.[4]
↑(de) Heinz-Gerhard Zimpel:Lexikon der Weltbevölkerung, Artikel „Karakalpaken“, bl. 259
↑(en) Birgit N. SchlyterLanguage Policies in Present-Day Central Asia // International Journal on Multicultural Societies. — UNESCO, 2001. — Fasc. Vol. 3, No. 2. — bl. 130. — ISSN 1817-4574.