Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kantonees

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kantonees
廣東話 / 广东话
Gwóngdūng Wah /gwong2 dung1 waa6
廣州話 / 广州话
Gwóngjàu Wah /gwong2 zau1 waa6
Gepraat in:Vlag van Volksrepubliek China China
Vlag van Hongkong Hongkong
Vlag van Macau Macau
Vlag van Singapoer Singapoer
Vlag van Maleisië Maleisië
Chinese oorsese Gemeenskappe 
Gebied:Guangdong,Guangxi,Pêrelrivierdelta en omliggende gebiede
Totale sprekers:63 miljoen[1][2]
Taalfamilie:Sino-Tibettaans
 Chinees
  Yue
   Yuehai
    Kantonees 
Skrifstelsel:Chinese karakters 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Hongkong Hongkong
Vlag van Macau Macau
Gereguleer deur:Amptelike taal-afdeling[3]
Staatsdienskantoor
Regering van Hongkong
Taalkodes
ISO 639-1:zh
ISO 639-2:chi/zho
ISO 639-3:yue/zho 
Verspreiding van Kantonees
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Die woordGuǎngdōnghuà ("Guangdong-taal") geskryf inTradisionele Chinese (links) enVereenvoudigde Chinese (regs) karakters

Kantonees (Vereenvoudigde Chinees: 广东话,Tradisionele Chinees: 廣東話,pinyin:Guǎngdōnghuà, letterlik: "Guangdong-taal"),Standaard Kantonees ofYue (Vereenvoudigde Chinees: 广州话, Tradisionele Chinees: 廣州話, pinyin:Yuèyǔ, letterlik: "Yue-taal"),[4] is 'nSino-Tibettaanse taal of 'ndialek van Chinees wat in dieVolksrepubliek China,Hongkong,Macau,Singapoer enMaleisië gepraat word. Die taal het sowat 63 miljoen sprekers, veral in die Suid-Chinese provinsieGuangdong en die outonome streekGuangxi, rondom diePêrelrivierdelta, en is daarmee die derde mees verspreide dialek van Chinees naasMandaryns enWu. Die naam van dié taal is afgelei van die provinsie Guangdong, wat somsKanton ofYue genoem word.

Kantonees is een van dieamptelike tale van die Volksrepubliek China se spesiale administratiewe streke Hongkong (saam metEngels enMandaryn-Chinees) en Macau (saam met Mandaryn-Chinees enPortugees).

Kantonees is tradisioneel die mees gebruikte Chinese dialek binne Chinese oorsese gemeenskappe inSuidoos-Asië (veral inViëtnam en Maleisië, en in 'n minder mate ook in Singapoer enKambodja) en die westelike wêreld, vernaamlikAustralië,Kanada,Wes-Europa en dieVerenigde State.

Soos die ander Chinese tale word Kantonees metChinese karakters geskryf. Kantonees is veral bekend asmoedertaal vanBruce Lee (Chinese vegkunstenaar en akteur van Kantonese afkoms).

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)aboutworldlanguages.com:Cantonese.
  2. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Chinese, Yue" (in Engels).Ethnologue.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op18 September 2016.
  3. "Official Language Division, Civil Service Bureau, Government of Hong Kong" (in Engels). Csb.gov.hk. 19 September 2008.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op20 Januarie 2012.
  4. Ager, Simon."Cantonese language, pronunciation and special characters".Omniglot (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2020. Besoek op18 September 2016.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikipedia
Wikipedia
Sien gerusWikipedia se uitgawe inKantonees
 Hierdie artikel oor 'ntaal, taalgroep oftaalfamilie is slegs 'nsaadjie. Jy kan help deurdit uit te brei.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kantonees&oldid=2209286"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp