Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kaliumsianied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

NaamKaliumsianied 
Sistematiese naamKaliumsianied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleKCN
Molêre massa65,116 [g/mol][1]
CAS-nommer151-50-8[2]  
VoorkomsWit vastestof
Fasegedrag  
Selkonstantes653pm[3]  
RuimtegroepFm3m; F4/m3 2/m 
Nommer225  
Schönfliess-simboolO5h 
StrukturberichtB1
Smeltpunt634 °C[2]
Kookpunt1625 °C[2]
Digtheid1,55 [g/cm3] @ 20 °C[2]
Oplosbaarheidoplosbaar in water 116[g/L] water @298K[1] 
Brekingsindeks1,410[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntonbrandbaar

Tensy anders vermeld is alle data virstandaardtemperatuur en -druk toestande.

 
PortaalChemie

Kaliumsianied is 'nsout vankalium enblousuur met formuleKCN.

Dit vervloei aan die lug. Dit is baie toksies deur oop wonde of deur inname. Dit kan effens na bitter amandels ruik en word gebruik vir silwer- en goudekstraksie. Ander aanwendings is in chemiese ontleding en as grondstof vir ander chemikalieë.[1]

Chemiese eienskappe

[wysig |wysig bron]

Dit hidroliseer in water en maak die oplossing basies.

K++CN+H2OK++HCN(aq)+OH{\displaystyle K^{+}+CN^{-}+H_{2}O\rightleftarrows K^{+}+HCN(aq)+OH^{-}}

Hierdie oplossing is egter nie stabiel nie en kan verder ontleed na formiaat en ammoniak:[4]

KCN+2H2OHCOOK+NH3{\displaystyle KCN+2H_{2}O\rightarrow HCOOK+NH_{3}}

Kaliumsianied kan verkry word deur potas (kaliumcarbonaat) saam met koolstof in 'n stroom van stikstof te verhit. Dit ontstaan ook by verhitting vanK4Fe(CN)6.

K4Fe(CN)6hitte4KCN+Fe+2C+N2{\displaystyle K_{4}Fe(CN)_{6}\xrightarrow {hitte} 4KCN+Fe+2C+N_{2}\uparrow }

Teen hoë temperature kan dit suurstof en swawel opneem enisosianaat entiosianaat vorm.

Kristalstruktuur

[wysig |wysig bron]

Kaliumsianied het teen kamertemperatuur 'n wanordelike pseudokubiese struktuur, gebaseer op die NaCl-tipe kristalstruktuur. (Strukturbericht-klassifikasie B1) In hierdie struktuur beset die kaliumione die natriumposisies en diesianiedione die chloorione s'n. Hulle is lukraak verdeel oor 8 [111]-rigtings (die rigtings van die kubus se liggaamsdiagonale). Die sianiedioon besit egter 'n elektrise dipool en teen 168K raak hulle georden langs die ses [011]-rigtings van die kubiese sel en die simmetrie raak verlaag na ortorombies.[5] Die oorgang is 'n ferrodistortiewe faseoorgang van die eerste orde. Die nuwe struktuur het ruimtegroep Immm. Teen 83K vind opnuut 'n oorgang plaas na 'n antiferroëlektriese fase wat die ruimtegroep Pmnm besit.[6]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3"Potassium Cyanide". Pub Chem.
  2. 2,02,12,22,3"safety data sheet". Besoek op10 Augustus 2023.
  3. Kelly, A.; Knowles, K.M. (2012).Appendix 7: Crystal Structure Data. In Crystallography and Crystal Defects.doi:10.1002/9781119961468.app7.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. Hendrik Justus van de Stadt (1932).Beknopt leerboek der scheikunde.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  5. Yang, Z.; Luty, F. (1989). "Theoretical Investigation of Ferroelastic Phase Transition of Pure and Mixed Alkali Cyanide Systems by the Elastic Dipole Model. I. The Cubic-Orthorhombic Phase Transition of Pure Potassium Cyanide".phys. stat. sol. (b).154: 167–180.doi:10.1002/pssb.2221540115.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  6. Schräder, T., Loidl, A. & Vogt, T. (1990). "Phases and phase transitions in the mixed molecular system (NaCN)1−x(KCN)x".Z. Physik B - Condensed Matter.79: 423–430.doi:10.1007/BF01437653.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kaliumsianied&oldid=2659388"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp