Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kailash

Koördinate:31°04′0″N81°18′45″O / 31.06667°N 81.31250°O /31.06667; 81.31250
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kailash
Kailash se noordekant Kailash se noordekant
LiggingTibet,Volksrepubliek China
Hoogte6 638[1] meterbo seevlak
Prominensie1 319
ReeksTranshimalaja
Koördinate31°04′0″N81°18′45″O / 31.06667°N 81.31250°O /31.06667; 81.31250
Vertaling van naamKristal (Hindi/Sanskrit)
Ligging van Kailash op 'n kaart (Volksrepubliek China)
Kailash
Kailash

Kailash (Tibettaans: གངས་རིན་པོ་ཆེ,Gang Rinpoche;Vereenvoudigde Chinees: 冈仁波齐峰;Tradisionele Chinees: =岡仁波齊峰;Hindi: कैलाश पर्वत) is 'n berg in dieTranshimalaja wat in die weste van dieOutonome Gewes Tibet van dieVolksrepubliek China, net noord van die grense totIndië enNepal, geleë is. Die berg het 'n hoogte van 6 638 meter.

Kailash se suidekant
Stoepas by Kailash
Kailash op dievlag van Tibet

Die gebied rondom Kailash het 'n baie belangrike rol vir dieHoogland van Tibet se watervoorsiening: Hier ontspringSuid-Asië se vier groot riviere:Indus in die noorde,Sutlej in die weste,Brahmaputra in die ooste en Karnali – 'n sytak van dieGanges – in die suide. Hierdie riviere het 'n belangrike betekenis vir die watertoevoer van die digbevolkteIndiese subkontinent. Die godsdienstige betekenis getuig van hierdie omstandigheid.

Kailash beteken "kristal" in Hindi en is afgelei van ófSanskritkelāsa केलास[2] ófKailāsa कैलास,Kailāśa कैलाश.[3][4] DieTibettane noem dié bergGhang Rimpoche ofKhang Ripoche wat "kosbare juweel van sneeu" beteken. Ander name sluit inMeru enTise. InDjainisme staan die berg bekend asAshtapada.

Die berg word as heilig inHindoeïsme,Tibettaanse Boeddhisme, Djainisme en Bön beskou. In Hindoeïsme word die berg Kailash as woonplek van die godShiva beskou. As gevolg daarvan is Kailash 'n belangrike bedevaartsoord. Kailash word op dievlag van Tibet uitgebeeld. Weens godsdienstige redes is die bestyging van die berg nie gewens nie.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Mount Kaliash, China". Peakbagger.com. Besoek op 2 Augustus 2019.
  2. Williams, Monier."Monier-Williams Sanskrit-English Dictionary" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2018. Besoek op2 Augustus 2019.kelāsa m. crystal W
  3. (en) Monier Monier-Williams se Sanskrit-woordeboek,bl. 311, kolom 3Geargiveer 3 Desember 2018 opWayback Machine
  4. (en) Sarat Chandra Das (1902).Tibetan-English Dictionary with Sanskrit Synonyms. Calcutta, India: Bengal Secretariat Book Depot,bl. 32.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kailash&oldid=2437003"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp