Kabilies (Taqbaylit, [ˈθɐqβæjlɪθ]luister(hulp·inligting),Tamaziɣt Taqbaylit ofTazwawt) is 'nBerbertaal wat gepraat word inKabilië (Algerië), asook inFrankryk en ander lande vanEuropa. Dit het moontlik meer as vyf miljoen sprekers net inKabilië[2] en meer as sewe miljoen sprekers in die wêreld.
In Algerië is dit die grootste Berbertaal, gevolg deurChaoui, wat nouverwant is aan Kabilies. Dis die tweede grootste Berbertaal, naasChleuh, wat in die suide vanMarokko gepraat word.
Op 10 April 2002 het 'n wysiging van die Algeriese grondwet (deur die toevoeging van artikel 3b) die "tamazight" (wat die algemene naam van die Berbertale is) erken as nasionale taal van dié land.[3]
Kabilies is 'n vorm van "tamazight". Dit maak deel uit van die Berberse tak van dieAfro-Asiatiese tale. Dit word aangeneem dat dit van die proto-Afro-Asiatiese taal, wat 10 000 tot 17 000 jaar gelede in die ooste van Afrika gepraat is, afstam.[4]
Kabilies het, net soos Berbertale in die algemeen, slegs drie klinkers:
- a tussen « a » en « e »:[æ]
- i tussen « i »[i] en « e »[e]
- u soos « oe »[u]
Kabilies het ook 'nschwa[ə] wat "ilem" genoem word, maar nie as 'n regtige klinker beskou word nie. Dit het ontstaan uit die verswakking van die ander klinkers, en die uitspraak hang af van die konsonante.
Tamazight het sy eie skrif (tifinagh), maar Kabilies word meesal met 'n van die Latynse alfabet afgeleide skrif geskryf: