Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kabeljou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kabeljou
Wetenskaplike klassifikasieedit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Klas:Actinopterygii
Orde:Perciformes
Familie:Sciaenidae
Genus:Argyrosomus
Spesie:
A. inodorus
Binomiale naam
Argyrosomus inodorus
Griffiths &Heemstra, 1995
      verspreiding,IUBN 2018 data

Diekabeljou (Argyrosomus inodorus) is 'nvis wat deel van dieSciaenidae-familie is en aan dieWes- en Suidkus vanSuid-Afrika voorkom, vanafNamibië tot by dieGroot-Keirivier. Dit is 'n gesogte eetvis. In Engels staan die vis bekend as diesilver kob. Daar is weinige fisiese verskille tussen die kabeljou en dieboerkabeljou, derhalwe word altwee kabeljou genoem.

Agtergrond

[wysig |wysig bron]

DieSciaenidae is nie deel van dieEuropese kabeljou of te wel die 'regte kabeljou' nie. Die Europese kabeljou is deel van dieGadidae-familie wat drie subfamilies en verskeiespesies het. Die Europese setlaars het Europese name aan Suider-Afrikaanse visse toegeken wat hulle gedink het dieselfde is of min of meer dieselfde lyk.

Voorkoms

[wysig |wysig bron]

Die vis is silwer met 'n pienk skynsel op die rug. Kenmerkend is die ry pêrelagtige wit kolle op die sye. Die boerkabeljou is groter as die kabeljou; die gemiddelde grote kabeljou wat gevang word is 10 kg, maar die boerkabeljou kan tot 35 kg swaar word. Die kabeljou se pektorale vin is langer as die boerkabeljou s'n en die vis is ietwat ligter van kleur as die boerkabeljou.

Gewoontes

[wysig |wysig bron]

Die vis verkies koeler water en word nie sommer van die strand gevang tussenKaap Agulhas en dieGroot-Keirivier nie maar wel aan die Weskus. Hulle kom voor tot op 'n diepte van 120 m. Hulle vreet hoofsaaklik kleiner visse,tjokka,pylinkvis enskaaldiere.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Argyrosomus inodorus
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kabeljou&oldid=2744757"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp