Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

KV63

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
KV63
Die grafkelder van onbekende mense
Die gebied net bo KV63 in Maart 2005, 'n maand of twee ná die ontdekking daarvan.
Die gebied net bo KV63 in Maart 2005, 'n maand of twee ná die ontdekking daarvan.
LiggingVallei van die Konings
LandVlag van Egipte Egipte
Ontdek10 Maart 2005 (skag)
8 Februare 2006 (aangekondig)
Uitgrawings deurOtto Schaden
VersieringOnversier
UitlegEnkele L-vormige kamer
← Vorige
KV62
Volgende →
KV64

KV63 is 'n grafkelder in dieVallei van die Konings byThebe, naby die moderne stadLuxor inEgipte. Aanvanklik is geglo dit is 'n koninklike graf, maar nou word geglo dit was 'n stoorkamer vir diemummifiseringsproses.[1] Dit is in 2005 ontdek deur 'n span argeoloë onder dr. Otto Schaden.

Inhoud

[wysig |wysig bron]

Die grafkelder het sewe houtkiste en baie groot flesse bevat. Al die kiste is nou al oopgemaak; hulle bevat net lappe vir mummifisering. Die flesse bevat soute, linne en gebreekte erdewerk.

Van die kleiseëls bevat inskripsies, soos die gedeeltelike woordpa-aten,[2] deel van die geboortenaam vanToetankamen se vrou,Anchesenamen.[2] Dié inskripsie, die argitektoniese styl van die kamer en die vorm van die kiste en flesse wys alles na die18de Dinastie, rofweg die tyd van Toetankamen wie se graf daarnaby is.

Schaden se span het KV63 weer in 2010 saam met 'n TV-span besoek. Nog 16 flesse is verken en 'n houtbed met leeukoppe en stukke van wynhouers is ontdek. Die span het tot die gevolgtrekking gekom dat die kamer waarskynlik deur balsemers van Toetankamen se familie gebruik is, omstreeks 1337-'34 v.C.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Pharaonic find was mummification room, not tomb", Discovery Channel. Besoek oo 29 Mei 2006.
  2. 2,02,1"Egypt's New Tomb Revealed," Discovery Channel (4 Junie 2006)

Skakels

[wysig |wysig bron]
Oostelike Vallei
Westelike Vallei
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=KV63&oldid=2620885"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp