KV55 | ||
Wegsteekplek van mummies | ||
Die vergulde houtkis van KV55. Die gesig en cartouche met die naam van die eienaar is in antieke tye geskend, wat daarop dui dat dit die liggaam vanAchenaten kan wees. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 6 Januarie 1907 | |
Uitgrawings deur |
| |
← Vorige KV54 Volgende → KV56 |
KV55 is 'n grafkelder in dieVallei van die Konings byThebe, naby die moderne stadLuxor inEgipte. Dit is in 1907 deur Edward R. Ayrton ontdek terwyl hy uitgrawings gedoen het vir die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis.
Daar word al lank gegis die liggaam wat in die grafkamer gekry is, is dié van faraoAchenaten, wat die hoofstad na Achetaten (hedendaagseAmarna) geskuif en die aanbidding van meer as een god verbied het, maar dit word ook betwis. Die resultaat vangenetiese en ander wetenskaplike toetse wat in Februarie 2010 gepubliseer is, het bevestig dat die persoon wat daar begrawe is beide die seun vanAmenhotep III en die vader vanToetankamen is. Verder het die ondersoek bepaal die ouderdom van die persoon met sy dood stem ooreen met dié van Achenaten; dus is dit amper vir seker sy liggaam.[1] Geskrifte wat die ouderdom van diemummie en die identifikasie daarvan as dié van Achenaten betwis, het egter gou daarna begin verskyn.[2][3][4]
Beide die grafkelder se geskiedenis en die identiteit van sy inwoner is problematies. Daar word aangeneem dit is die wegsteekplek en 'n plek vir die herbegrafnis van koninklike mummies uit die laat18de Dinastie. Dit is vermoedelik daarheen geskuif nadat Amarna sy status as hoofstad verloor het en die koninklike nekropolis daar gesloop is. Die artefakte wat ontdek is, dui ook daarop dat meer as een persoon daar herbegrawe is: óf op een tyd óf oor 'n tydperk. KoninginTije word dikwels in dié verband genoem.
Dit is ook duidelik dat iemand die graf later binnegegaan het, byna vir seker tydens die20ste Dinastie. In dié tyd sou enige moontlike bykomende mummies verwyder en dalk naKV35 verskuif gewees het, terwyl die oorblywende mummie en artefakte geskend is.
KV55 is 'n relatief klein, onversierde grafkelder met net een kamer. Dit is altesaam net 27,61 meter lank.[5] Dit lê in die sentrale deel van die vallei, reg langs en onderKV6 (Ramses IX) en aan die ander kant van die valleibodem asKV7 (Ramses II) enKV62 (Toetankamen).
Dit lyk of die grafkelder onvoltooi is. In die suidemuur is 'n klein nis, die begintekens van die bou van 'n onvoltooide sykamer, asook tekens dat nog 'n kamer beplan is. As dit voltooi was, sou die uitleg soos dié van Toetankamen se grafkelder gewees het. Dié plan laat dit lyk of KV55, nes KV62, aanvanklik as 'n privaat begraafplek bedoel was en eers later as 'n koninklike begraafplek oorgeneem is.[6]
Daar word dikwels na KV55 as die "Amarna-wegsteekplek" verwys.