KV52 | ||
Die begraafplek van diere | ||
![]() | ||
Die plan van KV52. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | Januarie 1906 | |
Uitgrawings deur | Edward R. Ayrton | |
← Vorige KV51 Volgende → KV53 |
KV52 is 'n grafkelder in dieVallei van die Konings byThebe, naby die moderne stadLuxor inEgipte. Uitgrawings is in 1906 deur Edward R. Ayrton gedoen. Saam metKV50 enKV51 vorm dit 'n groep bekend as die "Dieregrafte". Dit bevat diemummie van 'naap en hou moontlik verband met die nabygeleë grafkelder vanAmenhotep II (KV35).[1]
Die grafkelder lê nabyKV49, in die syvallei wat na KV35 lei. KV52 was die derde van 'n groep van drie grafkelders wat deur Edward R. Ayrton ontdek is in sy uitgrawings van dié deel van die vallei namens die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis. Die ingang was onder 'n hoop afval begrawe.[2]
Die grafkelder bestaan uit 'n skag en 'n kamer. Dit was "heeltemal leeg buiten twee bokse, waarvan die een amper twee keer so groot soos die ander was."[2] In die groter boks was die mummie van 'n aap, wat oop tussen sy toedraailappe gelê het. Die kleiner een was 'n kis met plek vir vier begrafnisflesse.[2][3]
Uitgrawings het in 2009-'10 weer in die gebied plaasgevind deur 'n span onder Zahi Hawass en Ahmed el-Leithy in 'n poging om KV50, KV51, KV52 en KV53 weer op te spoor. In dié uitgrawings is erdewerk, werktuie en fragmente van erdewerk uit die18de Dinastie ontdek. Dit bevat onder meer 'n skets van 'n sittende koningin,sekstonele met vroue en diere, encartouches vanRamses II.[4]