Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

KV39

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
KV39
Die grafkelder van 'n onbekende, dalkAmenhotep I
Die plan van KV39.
Die plan van KV39.
LiggingVallei van die Konings
LandVlag van Egipte Egipte
Ontdek1899 of 1900
Uitgrawings deurVictor Loret (1899) of Macarious en Andraos (1989-'94)
John Rose (1989-'94)
Ian Buckley (2002)
VersieringOnversier
← Vorige
KV38
Volgende →
KV40

KV39 in dieVallei van die Konings byThebe, naby die moderne stadLuxor inEgipte, is een van die moontlike liggings van die grafkelder van faraoAmenhotep I. Dit is hoog op in die kranse geleë,[1][2] weg van die valleibodem en ander koninklike grafte. Die uitleg is uniek. Dit het twee asse, die een oos en die ander suid.

Beskrywing

[wysig |wysig bron]

Dit lyk of die konstruksie van KV39 in drie fases plaasgevind het. Dit het aanvanklik 'n eenvoudige, reguit as gehad wat nie verder as die eerste kamer geloop het nie. In die daaropvolgende fases is 'n reeks lang, aflopende gange en treetjies na die ooste en suide gebou.

Dit is omstreeks 1900 deur óf Victor Loret[3] óf die Egiptiese uitgrawers Macarious en Andraos[4][1] ontdek, maar is nie heeltemal ondersoek nie. Uitgrawings is in 1989 en 1994 gedoen deur John Rose en dit is in 2002 verder deur Ian Buckley ondersoek. Aan die argitektuur en erdewerk lyk dit of dit in die vroeë18de Dinastie gebou is, moontlik vir 'n koningin. Fragmente is in dele van die grafkelder gevind, maar dit is onbekend aan wie hulle behoort. KV39 se ligging voldoen dalk aan 'n beskrywing van Amenhotep I se grafkelder in die "Abbott-papirus", 'n dokument oor grafrowery, maar dit word betwis.

Die eerste uitgrawings is tussen 1989 en 1994 deur John Rose gedoen.[1] Die rotse voor die trappe is verwyder en 'n sloot is voor die grafkelder gegrawe. Daarin is miniatuurdrinkbekers ontdek met diecartouches van Toetmoses I, Toetmoses II en Amenhotep II.[5]

Ian Buckley het die grafkelder in 2002 verder ondersoek.[6] Die rotse is deur vloedwater beïnvloed en was onstabiel. Dit is in 2002 versterk om te keer dat nog water inloop.[7]

Die erdewerk kom uit die vroeë én latere 18de Dinastie.[8] Diemummies toon tekens van 'n hoë standaard van mummifisering en linne van 'n goeie gehalte is gebruik.[9]

KV39 is dalk een van die eerste grafkelders in die vallei. Sy ligging en ingang na die ooste dui op die vroeë 18de Dinastie.[10]

Moontlike eienaar

[wysig |wysig bron]

Dit is nie bekend vir wie die grafkelder bedoel was nie, maar gebaseer op die argitektuur was dit 'n koningin van die vroeë 18de Dinastie.[11] Weigall het in 1911 die eerste keer voorgestel dat dit vir Amenhotep I bedoel was. Hy het staatgemaak op die beskrywing van die grafkelder in die Abbott-papirus.[12][13]

Rose het voorgestel KV39 was oorspronklik die graf van die koningin of prinses Ahmose-Inhapi, en dat dit later vergroot is vir Amenhotep I se herbegrafnis. Dit is gebaseer op inskripsies op die kiste van Ramses I, Seti I en Ramses II waarvolgens hulle vanKV17 verskuif is na die grafkelder van "koningin Inhapi waarin Amenhotep I lê".[11]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,2Rose 1992, p. 28.
  2. Aston 2015, p. 22.
  3. Reeves 1990, p. 288.
  4. Buckley, Buckley & Cooke 2005, p. 71.
  5. Aston 2015, p. 34-35.
  6. Buckley, Buckley & Cook 2005, p. 71.
  7. Buckley, Buckley & Cook 2005, p. 73-74.
  8. Buckley, Buckley & Cook 2005, p. 80.
  9. Buckley, Buckley & Cook 2005, p. 79.
  10. Buckley, Buckley & Cooke 2005, p. 75.
  11. 11,011,1Aston 2015, p. 35.
  12. Weigall 1911, p. 174-175.
  13. Polz 1995, p. 9.

Bronne

[wysig |wysig bron]

Skakels

[wysig |wysig bron]
Oostelike Vallei
Westelike Vallei
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=KV39&oldid=2620856"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp