Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

KV34

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
KV34
Die grafkelder vanToetmoses III
Die ingang na KV34.
Die ingang na KV34.
LiggingVallei van die Konings
LandVlag van Egipte Egipte
Ontdek1898
Uitgrawings deurVictor Loret
VersieringKlaaglied van Re,Amdoeat
← Vorige
KV33
Volgende →
KV35

KV34 (Arabies: مقبرة تحتمس الثالث,Maqbarat Tahtamis al-Thaalithi) in dieVallei van die Konings byThebe, naby die moderne stadLuxor inEgipte, was die grafkelder van faraoToetmoses III van die18de Dinastie.

Die grafkelder is in antieke tye beroof en sy ligging het verlore geraak. Dit is in 1898 deur Victor Loret herontdek en hy het die eerste uitgrawings gedoen.

Dit was een van die eerste grafkelders in die vallei en is geleë op 'n rotshang van die heuwels. Op pad na die trap na die grafkelder isgraffiti wat aangebring is deur mense wat die graf gebou het. 'n Steil gang lei na die onderkant, van die ingang verby 'n diep put na 'n sykamer. Anderkant die sykamer is diecartouche-vormige grafkamer, met vier kleiner sykamers. Toetmoses se steensarkofaag staan steeds in die grafkamer, maar is deur grafrowers beskadig.

Baie van die muurversierings is in 'n ongewone styl wat nie elders in die vallei aangetref word nie. Die oudste vorm van dieAmdoeat op die mure beeld die antieke Egiptiese gode uit as eenvoudige stokfigure. Die Klaaglied van Re verskyn ook teen die mure.

Galery

[wysig |wysig bron]

Skakels

[wysig |wysig bron]
Oostelike Vallei
Westelike Vallei
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=KV34&oldid=2620849"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp