KV21 | ||
Grafkelder van twee vroue | ||
![]() | ||
Die plan van KV21. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 9 Oktober 1817 | |
Uitgrawings deur | Giovanni Belzoni (1817) James Burton (1825) Donald P. Ryan (1989) | |
← Vorige KV20 Volgende → WV22 |
KV21 is 'n grafkelder in dieVallei van die Konings byThebe, naby die moderne stadLuxor inEgipte. Dit is in 1817 deur Giovanni Belzoni ontdek en in 1989 weer uitgegrawe deur Donald P. Ryan. Dit bevat diemummies van twee vroue, vermoedelik koninginne van die18de Dinastie.[1]
In 2010 het 'n span onder leiding van Zahi HawassDNS-bewyse gebruik om die een mummie, KV21A, tentatief te identifiseer as die moeder van tweefetusse in die grafkelder vanToetankamen.[2]
Die grafkelder bestaan uit 'n aflopende gang, 'n trap en nog 'n aflopende gang. Dié gang eindig is 'n kamer met 'n pilaar en 'n klein aangrensende kamer.[3] Dit is soortgelyk aan die uitleg vanKV32, die grafkelder van Tiaa, die moeder vanToetmoses IV.
Die grafkelder is in 1817 deur Giovanni Belzoni ontdek. In die groter kamer het hy twee naakte mummies met lang hare gekry. In die kleiner kamer was erdeware- en albasterskerwe.[3]
Die grafkelder is in 1989 weer ondersoek deur Donald Ryan. Hy het gesien die ingang was onder vloedpuin begrawe. Die water het in 'n stadium die kelder binnegedring. Die mummies was in stukke en die flesse in die sykamer is met groot klippe stukkend geslaan.
Die teenwoordigheid van dieghwano van vlermuise was 'n aanduiding dat die grafkelder vir 'n ruk oop was nadat Belzoni en Burton dit besoek het.[4]