KV19 | ||
Grafkelder van Mentoeherchepsjef | ||
![]() | ||
Prins Mentoeherchepsjef bring 'n offerande aan Banebdjed in KV19. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 1817 | |
Uitgrawings deur | Giovanni Belzoni (1817) Edward R. Ayrton (1906) | |
Versiering | Dodeboek (dele) | |
← Vorige KV18 Volgende → KV20 |
KV19 is 'n grafkelder in dieVallei van die Konings byThebe, naby die moderne stadLuxor inEgipte. Dit was bedoel as 'n graf vir prins Ramses Setherchepsjef, beter bekend as faraoRamses VIII, maar is later gebruik vir die begrafnis van prins Mentoeherchepsjef, die seun vanRamses IX, wat voor sy vader oorlede is. Hoewel dit onvoltooi is, word die versiering beskou as van die hoogste gehalte.
Die grafkelder is geleë onder die rotse aan die oostekant van die Vallei van die Konings, tussen die grafkelders vanToetmoses IV (KV43) enHatsjepsoet (KV20).[1]
Die eenvoudige uitleg bestaan uit 'n enkele gang. Uitgrawings het pas aan 'n tweede gang begin toe werk beëindig is.[2] Aan die einde van die gang is 'n langwerpige skag gegrawe om diemummie te begrawe. Die styl en uitleg kom uit die20ste Dinastie.[1]
Die ligging van die grafkelder en grootte van die gang dui aan dit was vir 'n koning bedoel. Spore van 'n oorspronklike inskripsie onthul egter dit was vir Ramses VIII bedoel toe hy nog 'n prins was.[2]
Die grafkelder is op 9 Oktober 1817 deur Giovanni Belzoni herontdek. Hy het dit beskryf en spesiale melding van die dekor gemaak: "Die geverfde figure teen die mure is so perfek, dit is die beste aangepas van eniges wat ek al gesien het en gee dus 'n korrekte en duidelike idee van die Egiptiese smaak.[3]
In 1903 hetHoward Carter die voorkant van die grafkelder uitgegrawe enKV60 ontdek.[4] Uitgrawings is in 1906 deur Edward R. Ayrton gedoen. Hy skryf in sy verslag die grafkelder is nooit heeltemal skoongemaak nie. Dit was halfvol groot blokke. Min draagbare voorwerpe is ontdek. Die begrafnisput het gebreekte potte en die boonste deel van 'n mummie bevat.[1] Vroeëre besoekers het gevind daar was latere begrafnisse uit die22ste Dinastie in die grafkelder.[5]
Die buitenste oppervlakke van die grafkelder is gepleister en onversier. Die buitekant van die deurkosyne bevat net rof gesnydehiërogliewe aan hulle onderkant. Aan die binnekant is die kosyne heeltemal bedek met drie kolomme swart hiërogliewe; op elk is aan die onderkant twee kobras wat hulle koppe oplig en vuur spoeg. Dié aan die regterkant wordIsis enNephthys genoem, en dié aan die linkerkantSerket enNeith.[1]
Weerskante van die ingang is twee helftes van 'n deur geverf. Op die linkerkant is dieHiëratiese teks van hoofstuk 139 van dieDodeboek en op die regterkant hoofstuk 123 met twee ekstra reëls. Teen elke kant van die gang is sewe tonele; die plafon is wit.[1]
Mentoeherchepsjef word teen die linkerkantse muur uitgebeeld waar hy offerande bring aanOsiris,Ptah-Tatenen,Chonsemweset-Neferhotep,Bastet, Imseti, Kebehsenoeëf enAmoen-Ra; teen die regterkantse muur bring hy offerandes aanPtah,Thoth, Banebdjedet,Hapi,Doeamoetef, Meretseger enSechmet.[1][6] As 'n volwasse seun verskyn Mentoeherchepsjef alleen voor die gode, in plaas daarvan om van sy vader vergesel te word.[2]