KV17 | ||
Grafkelder vanSeti I | ||
![]() | ||
Binnekant van Seti I se grafkelder (boonste pilaarsaal). | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 16 Oktober 1817 | |
Uitgrawings deur | Giovanni Belzoni | |
Versiering | Mondopeningseremonie,Boek van Poorte, Klaaglied van Re,Dodeboek,Amdoeat, Boek van die Hemelse Koei | |
← Vorige KV16 Volgende → KV18 |
KV17 is 'n grafkelder in dieVallei van die Konings byThebe, naby die moderne stadLuxor inEgipte. Dit is die begraafplek van faraoSeti I van die19de Dinastie.
Dit is een van die bes versierde, grootste en diepste grafkelders in die vallei.[1] Dit is op 16 Oktober 1817 deur die Italiaanse argeoloog Giovanni Belzoni ontdek.
Tot met die ontdekking vanKV5 is die grafkelder van 137,19 meter beskou as die langste een in die vallei.[2] Dit bevat goed bewaarde reliëfs in al die kamers en sykamers, buiten twee van die sewentien. 'n Deel, bekend as gang K, word steeds uitgegrawe. Dit lei van die grafkamer na verder binne die heuwels. 'n Groot deel was met puin gevul.[3]
Die ontwerp het 'n kinkel in die as.[4]" Die opening na die grafkelder bestaan uit vier voorhowe (A-D), wat elk dieper ondergronds loop. Teen die mure is 'n paar skilderings wat tradisionele godsdienstige praktyke uitbeeld, asook illustrasies van Seti I voorRa. Dieper in die grafkelder het kamers F, Fa, J, Jb, Jc en Jd ingewikkeld gekerfde steunpilare met goed bewaarde versierings. 'n Skag is in die vloer van kamer E gegrawe, maar die doel daarvan is onbekend.[3]
Party van die plafonne het geel sterre wat op 'n blou agtergrond geverf is: 'n algemene tema in tempels en grafkelder in Egipte.
Die liggaam wat as Seti semummie geïdentifiseer is, is nie hier gevind nie, maar in die koninklike bergplekDB320 tussen 36 ander mummies.[5] Sy kis, dalk die binneste of tweede binneste een, was erg beskadig, en so ook sy mummie. Daar is voorgestel sy mummie is geskuif ná verskeie pogings om dit te herstel.[6]
Die eerste drie gange (B-D) is swaar versier met simbole van die farao, soosMaät, en 'n lys van Seti se koninklike name.[3] Een van die agterkamers is versier met dieMondopeningseremonie. Dit gee 'n goeie blik op die prakyke wat gevolg is om 'n veilige reis na diehiernamaals te verseker.[7] Verder in die grafkelder is verskeie uitbeeldings van Seti saam met verskeie gode. Kamer F het beelde van Seti saam metHathor,Horus enNeith,[3] asook ongeskonde beelde uit dieBoek van Poorte.
Die grafkelder is van onder tot bo versier met skilderings en reliëfs. Benewens die sterre teen die plafonne is daar godsdienstige beelde, insluitende die Klaaglied van Re,Dodeboek,Amdoeat en Boek van die Hemelse Koei, asook uitbeeldings van Seti saam met verskeie gode. Daar is ook afbeeldings van die koning alleen.[3]