KV16 | ||
Grafkelder vanRamses I | ||
![]() | ||
'n Muurskildering uit dieBoek van Poorte. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | 10 Oktober 1817 | |
Uitgrawings deur | Giovanni Belzoni | |
← Vorige KV15 Volgende → KV17 |
KV16 is die grafkelder vanRamses I in dieVallei van die Konings byThebe, naby die moderne stadLuxor inEgipte. Hy was uit die19de Dinastie. Die grafkelder is in Oktober 1817 deur Giovanni Belzoni ontdek.
Omdat Ramses I minder as twee jaar lank regeer het, is sy grafkelder taamlik beknop; dit is net 29 meter lank. Dit bestaan uit twee afdalende trappe wat 'n skuins gang verbind en na die grafkamer lei. Nes die grafkelder vanHoremheb (KV57), is dit met beelde uit dieBoek van Poorte versier.
Die sarkofaag, wat steeds in die grafkamer staan, is van rooikwartsiet.