AmberhangertjiesDiamandversoeking ontwerpDie Daria-i-Noor diamant uit die versameling van die nasionale juwele van Iran in die Sentrale Bank van die Islamitiese Republiek van Iran
Juweliersware word gemaak om byna elke deel van dieliggaam te versier, van haarnaalde tot toonringe, en selfs genitale juweliersware. Dit word van 'n wye verskeidenheid materiale gemaak.Edelstene en soortgelyke materiale soosamber enkoraal, edelmetale, krale enskulpe word wyd gebruik, en emalje is ook dikwels belangrik. In die meeste kulture kan juweliersware begryp word as 'n statussimbool, vir hul materiaaleienskappe, hul patrone, of vir betekenisvolle simbole.
Die gedragspatrone vir die dra van juweliersware tussen geslagte, en deur kinders en ouer mense kan baie wissel tussen kulture, maar volwasse vroue is die mees konsekwente draers van juweliersware. In die moderne Europese kultuur is die dra deur volwasse mans relatief laag in vergelyking met ander kulture en ander tydperke in die Europese kultuur.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.