Die land is taamlik plat, met lae heuwels en veengrond. Dit het 'n oppervlak van 29 775km2 en 'n bevolking van 2 491 852 (2004).
Die suidelike gedeelte vorm Sleeswyk-Holstein, waarvan die besit afwisselend Deens en Duits was. Die laaste wysiging het ná dieEerste Wêreldoorlog plaasgevind, toe deur 'n volksstemming 'n deel van Sleeswyk na Denemarke oorgegaan het.
Jutland kry sy naam van dieJutte, 'nGermaanse volkstam, wat in die5de eeu hulleself in die gebied gevestig het.
Jutland se naam sal altyd onthou word vir die grootseeslag wat naby plaasgevind het tydens dieEerste Wêreldoorlog toe die BritseGrand Fleet slaags geraak het met die DuitseHigh Seas Fleet op 31 Mei 1916.