Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Justinus II van Bisantium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Justinus II
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Justinus II uitbeeld.
’n Muntstuk wat Justinus II uitbeeld.
Bewind15 November565578
Volle naamFlavius Justinus Junior Augustus
DinastieJustiniaanse
GeboreOmstreeks520
Oorlede5 Oktober578
VoorgangerJustinianus I
OpvolgerTiberius II Konstantyn
EggenoteSophia
KindersArabia
VaderDulcidio (of Dulcissimus)
MoederVigilantia

Justinus II (Latyn: Flavius Iustinus Iunior Augustus,Grieks: Φλάβιος Ἰουστίνος ὁ νεώτερος; omstreeks 520 – 5 Oktober 578), ookJustinus Junior genoem, was dieBisantynse keiser van 565 tot 578. Hy was die susterskind vanJustinianus I. Sy bewind is gekenmerk deur oorlog met die PersieseSassaniede en die verlies van ’n deel vanItalië.

Bewind

[wysig |wysig bron]

Justinianus I is in die nag van 14 op 15 November 565 oorlede. Callinicus, ’n hofamptenaar, was die enigste getuie van sy laaste woorde en volgens hom het Justinianus "Justinus, Vigilantia se seun" as sy opvolger aangewys. Daar word vermoed Callinicus het die laaste woorde opgemaak om sy politieke bondgenoot op die troon te kry,[1][2] want daar was ook ’n ander Justinus, ’n konsul en die seun van Justianus se neef Germanus.

Anders as sy oom, het Justinus geheel en al op die steun van diearistokrasie staatgemaak. Hy was ’n trotse man en omdat die staatskoffers leeg was, het hy die praktyk stopgesit om potensiële vyande om te koop.

Justinus het sy aandag gefokus op die noordelike en oostelike grense. In 572 het sy weiering om belasting aan die Sassaniede te betaal, tot ’n oorlog met hulle gelei. Ná twee rampspoedige veldtogte waarin die PerseSirië en die strategiese fort Dara verower het, het Justinus na berig word waansinnig geraak.

Vanweë sy sporadiese periodes van waansin het Justinus besluit om ’n kollega aan te wys. Hy het sy eie familie oorgesien en op aanbeveling van Sophia vir generaalTiberius in Desember 574 as medekeiser aangewys en hom as sy seun aangeneem.[3] Daarna het hy hom afgesonder.

Sophia en Tiberius het vier jaar lank saam regeer terwyl Justinus al hoe kranksinniger geword het. Toe Justinus in 578 sterf, het Tiberius hom opgevolg asTiberius II Konstantyn.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Evans (1999), pp. 263–264
  2. Browning (2003), p. 165
  3. Encyclopedia Brittanica: Tiberius II Constantine

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Browning,Robert(2003),Justinian and Theodora,Gorgias Press LLC,ISBN 1-59333-053-7 
  • Evans,James Allan Stewart(2000),The age of Justinian: the circumstances of imperial power,Routledge,ISBN 0-415-23726-2 

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Romeinse Ryk
Oos-Romeinse Ryk
Niceense Ryk
Oos-Romeinse Ryk
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Justinus_II_van_Bisantium&oldid=2706887"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp