Justin Drew Bieber[7] (uitspraak: [biːbər]; * 1 Maart 1994)[1][8] is 'nKanadese pop- en R&B-sanger.[2][3][4] Bieber se ouers het video's van hom opYouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurderScooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber metUsher inAtlanta,Georgia in dieVSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is.[9] Daarna het hy 'n opneemkontrak metIsland Records losgeslaan.[5][10]
Justin Bieber se debuutenkelspeler, "One Time", is in 2009 wêreldwyd uitgereik en het in meer as 10 lande onder die top-30 op die trefferlyste verskyn. Dít is op 17 November 2009 deur dieEPMy World opgevolg, wat deur dieRIAA in die Verenigde State as 'n platinumvrystelling gesertifiseer is. Hiermee het Bieber die hoogste debuut deur 'n nuwe kunstenaar in daardie jaar bereik en hy het dan ook die eerste persoon geword wat sewe snitte op een debuutalbum op dieBillboard Hot 100 gehad het.[11] Sy eerste volledige ateljeevrystelling,My World 2.0, is op 23 Maart 2010 vrygestel en het soortgelyke sukses behaal: dit het op nommer een en binne die toptien van verskeie lande gedebuteer en is in minder as twee maande in die Verenigde State as platinum gesertifiseer. Hierdie uitreiking is deur die internasionale treffer "Baby" voorafgegaan.