Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Jump

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Jump, ofteweljumpstyle, is 'nBelgiese substyl in diedance- enelektroniese musiekgenres, kenmerkend vir sy fokus op die hardebass. In die begin is jump beskou as 'n variant van die sneller en harderharcore, maar hierdie traer variant (toe so 'n 135 tot 140bpm) het heel snel gegroei tot 'n waardige genre.

Die jumpgenre het ontstaan uit dieoldschool,jungle enharcore van die jare begin '90. Daar is toe reeds al plate gemaak wat mens as jump sou kon omskryf (soosSpeedy J - Pullover) (hierdie plate is destyds betiteld as oldschool of jungle), maar 'n aparte styl was jump toe nog nie. Dit het waarskynlik gebeur teen die einde van die jare '90 toeDa Boy Tommy en Da Rick saam die top 10-treffer "Ready to Rumble" uitgebring het. Einde2004 het jump ook inNederland langsaam opgekom. Omdat die sterk verwante musiekgenrehardstyle toe in Nederland gewild was, is jump in Nederlandjumpstyle genoem, waarna België ook hierdie benaming hier en daar oorgeneem het. In die eerste jare van sy bestaan, was jump slegs in dieLae Lande gewild, maar later het sy aanhang ook na andere lande soosFrankryk enDuitsland versprei.

Jumpstyle verwys sowel na die musiek as die dans wat daarby gekom het en in baie lande word die genre jump meestaljumpstyle genoem. Beide benaminge word aanvaar. Huidig is jump besig om 'n herlewing te ondergaan. Deur die jare heen het die snelheid van die musiek toegeneem tot ongeveer 140 tot 145bpm.

Kenmerke

[wysig |wysig bron]

Jump word gekenmerk deur 'n tamelik harde bass waar veel nadruk op lê. Soms bevat jumpliedjies 'n geluidsopname -sample - van 'n bekende rolprent of 'n manlike stem. Deurgaans val hierdie samples of stemme vlak voor die hoogtepunt van die liedjie, waarna dit heeltemal losbars. Deur nie-kenners word jump ook verwar met hardstyle, hardcore, of rave. Die probleem is dat hierdie genres mekaar gewoonlik heel dig benader of selfs in mekaar oorvleuel.

Jump

[wysig |wysig bron]

Die dansstyl wat onlangs met jump geassosieerd geword het, is geëvolueerd uit 'n variant op die hakke, via werklik (rond)spring tot die vandag bekendeski. Daar is verskillende maniere om te jump. By elk van hierdie maniere is dit die bedoeling dat by elke ritme 'n ander beweging (met die bene) gemaak word.

  • Die ski: die "skimove" is so bekend dat daar op die internet 'n wildgroei ontstaan het van videos waarin jonges "ski" en hul jumpmoves toon. Soms gaan dit saam met parodieë waarby gewilde videospeletjies- of TV-programpersoonlikhede gebruik word as jumpers.


Kleding

[wysig |wysig bron]

Kenmerkende kledinghandelsmerke vir aanhangers van die jumpgenre isSergio Tacchini (veral veste) enLacoste (veral pette),De Puta Madre 69 enNike Air Max.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieNederlandse Wikipedia vertaal.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Jump&oldid=1803003"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp